Foto’s: KZN-polisiebeampte doodgeskiet

Koeëlgate in die polisiebeamptes se amptelike voertuig (Foto aan Maroela Media verskaf deur 'n anonieme bron)

Koeëlgate in die polisiebeamptes se amptelike voertuig (Foto aan Maroela Media verskaf deur ‘n anonieme bron)

ʼn Vroulike polisiebeampte is Saterdagaand in Durban, KwaZulu-Natal doodgeskiet terwyl sy aan diens was.

“Konstabel Zethu Cele (29) en nog ʼn beampte het reageer op ʼn rooftog in Bentleyweg toe die verdagtes hulle oorval het,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle is aangeval en geskiet. Die verdagtes het van die toneel gevlug.”

Cele is op die toneel dood. Haar kollega is gewond en is na ʼn hospitaal geneem.

Zwane sê ʼn saak van moord en poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.