Geen borgtog vir Cradock-juffrou se ‘moordenaar’

Theresa Buys. Foto: Verskaf.

Theresa Buys. Foto: Verskaf.

Marius Isaacs (25), die man wat verdink word van die moord op Theresa Buys van Cradock in die Oos-Kaap, se aansoek om borgtog is Maandag in die dorp se landdroshof afgekeur.

“Sy saak is tot 17 September uitgestel vir verdere ondersoek, hy bly in die polisie se aanhouding tot dan,” het kapt. Stefanie Smith, ʼn polisiewoordvoerder, Maandag aan Maroela Media gesê.

ʼn Uitgebreide soektog na Buys (43) het teen Maandag nog niks opgelewer nie. Die polisie vermoed haar liggaam is in die Visrivier gestort.

Maroela Media het vroeër berig Buys, wat sedert die begin van die jaar kuns by die Voorbereidingskool Cradock gee, is op 4 Augustus laas gesien toe sy die skool verlaat het. Sy woon alleen in ʼn huis op ʼn plaas wat sy by ʼn boer in die omgewing huur.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat haar buurvrou die dag daarna ʼn plas bloed in Buys se huis opgemerk het. Die Cradock-polisie het die Woensdagmiddag Buys se voertuig verlate in die Michausdal-woonbuurt opgespoor. Die polisie het Isaacs kort daarna in hegtenis geneem. Hy is glo ʼn werker op die plaas waar Buys woon.

Isaacs staan tereg op ʼn aanklag van moord.

Lees ook:
Nog steeds geen spoor van Cradock-juffrou
Soektog na vermiste Cradock-juffrou verskerp
Cradock-juffrou steeds vermis; verdagte in hof vir moord
Cradock-juffrou steeds vermis
Cradock-juffrou vermis; polisie ondersoek moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.