Goeie nuus: Kaapstad-kelner se weldaad roer wêreldwyd harte

Vincent Mota

Vincent Mota

ʼn Kelner van Kaapstad het sosiale media behoorlik aan die gons en gryp wêreldwyd harte aan weens sy nederige daad aan ʼn gestremde.

Vincent Mota (26) se weldaad lok wêreldwyd reaksie uit nadat Tertius Gous die volgende inskrywing op Facebook gemaak het: “Ek was vandag by die Canal Walk Wimpy en wat ek gesien het, het my verstom. Daar was ʼn erg gestremde man in ʼn elektriese rystoel in die Wimpy. Hy het ʼn roomys bestel, wat ʼn taamlike moeilike poging aan sy en die personeel se kant was aangesien die man ook moeilik kommunikeer. Terwyl ek daar gesit en kyk het, het ek by myself gewonder: ‘Hoe gaan die man hierdie roomys eet?’. Terwyl ek dit probeer uitwerk het, het een van die kelners by die man gaan sit en hom die roomys begin voer. Mens kon sien die kelner doen dit nie omdat hy aangesê is om dit te doen nie, mens kon die deernis en liefde in sy gesig sien. Ek het heeltemal verstom daar gesit. Nadat die man sy roomys klaar gemaak het, het hy die kelner ʼn groot lang drukkie gegee. Ek het nog nooit so iets gesien by enige restaurant nie.”

Gous se Facebook-inskrywing het vinnig op sosiale media versprei. Melinda Croukamp, mede-eienaar van die Wimpy’s in die Canal Walk-winkelsentrum, het aan Maroela Media gesê die “wonderwerk” het verlede week Woensdag in die Wimpy by ingang 4 plaasgevind. Volgens Croukamp is die gestremde man, Ray, ʼn gereelde kliënt en bly hy in ʼn sorgsentrum in Milnerton. “Dit was ʼn groot voorreg en seën om dit te kon beleef. Dit is ʼn fantastiese getuienis. Ons is almal mense, dit gaan oor omgee en liefde.”

Tertius Gous en Vincent Mota

Tertius Gous en Vincent Mota

Croukamp het gesê Vincent het voorheen by die Wimpy in Canal Walk gewerk voor hy na Gauteng is en sowat twee maande gelede teruggekeer het. “Vincent se gebaar het mense se harte aangeraak en ons het oproepe en boodskappe van regoor die wêreld gekry. Vincent bly egter nederig en sê: ‘Aan God die eer’.”

Volgens Croukamp het Vincent gesê hy kon nie net voorgee of hy vir die man omgee nie. “Hy het vir hom gesê die Here het jou nog steeds lief en hy het grappies met hom gemaak. Hulle het mekaar na die tyd omhels.”

Gous het intussen Woensdag na die Wimpy teruggekeer en Vincent ontmoet. “Die Here het Tertius en Vincent met die hand uitgekies. Hulle is so baie dieselfde. Albei is so nederig en vriendelik. Nie een van hulle wil erkenning hê vir wat hulle gedoen het nie.”

Verteenwoordigers van Wimpy se hoofkantoor sal intussen Vrydag vir Vincent ʼn geskenk oorhandig. Gous en Ray sal ook by die oorhandiging wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

karen ·

Dankie Vincent. Net so wil ek Milky Lane se kelners in PMB bedank. Hulle het my rolstoel met my volle gewig oor trappe gelig in nou spasie sodat ek en my dogter saam iets kon nuttig. God is love and when you look around you will find him.

Irnest ·

Dis Freaking awesome. Kan hulle seblief daai advertensie veldtog wat met mense soos babas praat laat vaar. All java jaive bla bla brrrrr. Rerig man. Wees oorspronklik.

iemand ·

Dis n baie mooi storie en goed om bietjie te lees! Mens ignoreer gewoonlik die mense in ons gemeenskappe en maak dit af as ‘iemand anders se probleem’. Ons het in September saam met ons Gebare taal dosent(wat doof is) en die res van ons gebare taal studente, en ons ander dosent by Maxis in die Mooirivier mall by Potchefstroom gaan eet. Dit was deel van ons September ‘deaf awareness’ maand gewees, so ons het gegaan met die opdrag om slegs in gebare taal te komunikeer en glad nie te praat nie, om te voel hoe dit voel om nie soos n ‘normale’ persoon uit te eet. Ons Kelner het niks geweet van die planne nie, maar hy het dit goed hanteer, gesmile en ons goed bedien en help, hy was beleefd, glad nie gelyk of hy gedwing was nie. Dit was awesome gewees, wens net ek het sy naam gehad.

Niel ·

Kannie glo daar is nog sulke mense wat omgee vir hul medemens nie. Dankie Vincent. Jy maak ons harte baie warm!

Gerhard Byleveld ·

Wonderlik Vincent…jy het die Jesus Christus van Gal 5:22 aan die wereld uitgeleef! Be blessed…jou kroon wag op jou!

Harry ·

Elders op Maroela lees ek van ‘n vrou wat tragedies haar lewe verloor het met ‘n klip deur haar windskerm. Die komentaar was in kort, oorlog teen die swart mense. Wel hier is die teendeel bewys, en waar is al die oorlog markers nou? Nie ‘n woord nie. Kan seker dit nie glo nie, of beskou dit as ‘n uitsondering? Vincent jy en BAIE ander “swart” mense dien as voorbeeld!! Dankie daarvoor. Aan die “oorlogmakers” luister bietjie na die woorde van Kyk wat maak Afrikaners nou van Fredi Nest: “Die land het nie plek vir die krimineel, vat weg die sleg wat ons Vryheid steel.” Maak oorlog teen die kriminele, swart of wit, dan join ek julle, maar asb nie teen ‘n ras groep nie. Ek praat nie ras nie, se maar net hoe ek dit sien!

Elizabeth ·

Harry – hier stem ek saam met jou. Crime has no colour preference. Hierdie man is ‘n voorbeeld vir ons ALMAL!

Elizabeth ·

Hierdie het die traaaaane laat loop! Well done en dit het my naweek gemaak.

pop ·

Nee kyk, ek is n trane storter van olimpiese formaat. As ek daai pragtige storie moes sien het ek goud los gehuil

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.