Goeie nuus: Ontvoerde kind na 17 jaar gevind

Die Grootte Schuur-hospitaal. Foto: Google Maps

Die Grootte Schuur-hospitaal. Foto: Google Maps

ʼn Meisie wat 17 jaar gelede uit die Grootte Schuur-hospitaal in Kaapstad ontvoer is, is opgespoor, het Beeld Vrydag berig.

Die vrou wat Zephany Nurse glo ontvoer en as haar eie kind grootgemaak het is deur die Valke in hegtenis geneem en sal na verwagting Vrydag in die Kaapstadse landdroshof verskyn. Sy is in hegtenis geneem nadat ʼn DNS-toets gedoen is.

Volgens die berig het Zephany se ouers vier jaar nadat sy verdwyn het nog ʼn dogtertjie verwelkom. Laasgenoemde is vanjaar in graad 8 in ʼn hoërskool in Kaapstad. Haar klasmaats het glo vir haar gesê daar is ʼn meisie in matriek wat op ʼn druppel water soos sy lyk.

Die twee meisies het vriende geword en die jonger meisie se pa het voorgegee dat hy sy dogter se nuwe vriendin wil ontmoet. Die ooreenkomste tussen die twee kinders was merkwaardig en die pa het die polisie genader.

Die polisie het Zephany se ‘ouers’ ondervra maar kon geen inligting vind oor haar geboorte volgens die inligting wat aan hulle gegee is. Die polisie het toestemming gekry om DNS-toetse te doen en het bevestig sy is die meisie wat 17 jaar gelde ontvoer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

HEVW ·

Inderdaad baie goeie nuus. Ek kan nie anders as om in te sien dat ons Vader dit so beskik het nie. Sterkte met alles wat vorentoe moet gebeur, veral die aanpassing

JoeV ·

Kan net dink hoe swaar dit vir almal gaan wees, want die “steel” ours is die bekendes vir die kind en hulle gaan gestraf word, en die regte ouers verwag so baie!
En gebede is al wat hulle hierdeur gaan dra! Sterkte

SNEL ·

Goeie aarde, wat n wonderlike uitdraai van sake. Ek kan natuurlik nie dink dat iemand iemand anders se kind net so kan steel nie, maar ek is so bly dat die kind op n wonderbaarlike manier weer by haar ouers uitgekom het. Wow!!!!! Baie bly vir die ouers dat hulle kind nou weer na soveel jaar veilig terug is by die huis.

Piet Pompies ·

Baie dankbaar vir die regte ouers om hulle kind terug te kry. Dit wys net weer dat onwettighede nie volhoudbaar is, die lang arm van die gereg gaan jou vang een of ander tyd!

Dave ·

Gelukkige ouers..(!) en arme (maar tog ook gelukkige) meisiekind. Ons is almal natuurlik bly vir die ouers maar daar is ‘n ander kant van hierdie muntstuk ook. Veronderstel sy is goed behandel deur die ‘steel-ouers’ wat waarskynlik die geval is, want hulle wou haar hê en nòu vind sy uit hulle het haar ontvoer en ontmoet nuwe ouers en ‘n nuwe sussie! Wat ‘n fiasko vir die arme meisiekind om te verwerk. Sy gaan miskien sielkundige hulp nodig hê om dìt te kan hanteer.

Maronel ·

Wat van die arme kind? As ek op 17 moes gehoor het my ma is in hegtenis geneem oor ek as baba ontvoer is, gaan ek haar bystaan. Want dis my MA!!!! Al ma wat ek ooit ken. Hoe deurmekaar moet sy nie nou wees nie. En daai ”band” tussen haar bloedfamilie sal nooit daar wees nie. Shame.

Magdaleen ·

Kan die arme steelma nie maar kwytgeskeld word en die dogter ‘n “natuurlike” band met haar eie ouers mettertyd gevorm word nie. Dan is almal mos gelukkig. Sy is tog sekerlik lief vir haar steelma. As haar steelma nou tronk toe gaan ontwikkel sy dalk ‘n wrok teenoor haar eie ouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.