Goeie nuus: Studente-onderwyser vat die lang pad in protes teen plaasmoorde

Duncan-Nyawo

Die 37-jarige Duncan Nyawo gaan van Nelspruit tot by die Uniegebou in Pretoria stap uit protes teen plaasaanvalle en die moord van polisielede. Foto: Verskaf/Laevelder.

Die veldtog teen plaasmoorde, rassisme en die moord van polisielede het pas steun uit ʼn onwaarskynlike oord gekry in die vorm van die 37-jarige Duncan Nyawo.

Die studente-onderwyser van Ngodini Secondary School in Kabokweni, Mpumalanga sal Maandag, op Vryheidsdag, uit Nelspruit vertrek en 350 kilometer deur Johannesburg tot by die Uniegebou in Pretoria stap in protes teen plaasaanvalle en die moord op polisielede. “Ek is ʼn trotse Suid-Afrikaner en ek kan sien ons land is besig om in vlamme op te gaan. Ek het gevoel ek moet net iets hieraan doen,” was sy antwoord op die vraag oor hoekom hy die staptog aanpak.

Nyawo het eerstehandse ervaring van die blywende leemte wat die moord van ʼn polisieman op sy familie laat. Hy het sy broer, ʼn lid van die blitspatrollie in die Richardsbaai-omgewing, in 2012 verloor nadat hy geskiet is ʼn voorval waar die polisie na die toneel van ʼn gewapende roof uitgeroep is.

Hy weet ook wat die impak van ʼn boer se moord op ʼn gemeenskap is. Nyawo het op ʼn plaas in Pongola, KwaZulu-Natal, grootgeword en volgens hom kan hy net getuig van die goedheid van die boere in die omgewing. “Ek het grootgeword in hierdie boer se huis en sy kinders was my vriende. Die boer het my versorg en selfs beloof om my help om verder te studeer ná skool. Hulle was steunpilare in my lewe. Toe hulle in ʼn plaasmoord vermoor is, is my toekoms in ʼn oogwink verwoes. Elke keer as ʼn lid van die polisie vermoor word onthou ek my broer en elke keer as ʼn boer vermoor word dink ek aan my verlede.”

Tog het Nyawo hoop: “Ek is steeds kwaad, maar ek kan nie my woede op mense uithaal nie, daarom gaan ek eerder stap.”

Nyawo het al lank aan die idee van ʼn staptog gedink, maar hy het dit bly uitstel. Die onlangse xenofobiese geweld wat die land geteister het, was egter die laaste strooi vir Nyawo. Die onlangse uitlatings deur die Zimbabwiese president, Robert Mugabe en Julius Malema, leier van die EFF, het hom ook ontstel en opnuut laat besef hoekom hy ʼn staptog soos hierdie moet aanpak.

Hy glo vas dat Suid-Afrikaners in kulturele harmonie wil en kan saamleef: “Ek dink aan die kinders – swart en wit – waar gaan hulle eendag woon as hierdie die soort land is wat ons vir hulle agterlaat? Dit is hoekom ek op Vryheidsdag begin stap. Ek wil vir die wêreld wys alle Suid-Afrikaners is vry, maar dit beteken nie ons het die vryheid om te steel, te moor, mekaar se grond te steel of buitelanders aan te val nie.”

Sedert die Laevelder oor Nyawo se beplande staptog berig het, het sy storie soos ʼn veldbrand op sosiale mediaplatforms versprei. Hy is oorval met skenkings van staptoerusting van individue en maatskappye uit die Nelspruit-omgewing en organisasies soos AfriForum en die plaaslike NG- en Rooms Katolieke kerke gaan hom ook ondersteun terwyl ʼn fietsryersklub hom ook ʼn ent ver sal vergesel op sy staptog.

Nyawo sal Maandag langs die N4-deurpad vertrek en beplan om Donderdag 30 April by die Uniegebou op te daag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Bruno Stef ·

Man met so n mens kan enige persoon letterlik en figuurlik n lang pad mee saamstap.Kom ons ondersteun so n positiewe gesindheid

Johan ·

As ek dit voor die tyd geweet het,dan was ek bereid om hierdie pad saam met hom te stap. Wat “wonderlike gebaar. Hoe se hulle. “Give that man a Bell’s”
Well done en baie sterkte. Ek hoop dat dit tot stof vir nadenke sal wees vir my en baie,baie ander!!!!

Anita ·

Duncan, jammer oor jou verlies.

Ek wens daar was meer jongmense soos jy want ek kan wragtig jou hand vat en ‘n pad saam met jou stap.

Sterkte en hou ons op hoogte.

Engela de Klerk ·

God se seën vir hierdie man se pad en mag sy visie ‘n massiewe veldtog op loop sit – teen ALLE misdaad op Suid-Afrika se kosbare mense. Ek salueer sy dappere besluit.

Mareen French ·

As almal soos Duncan Nyawo kan dink en reageer kan ons ‘n vredeliewende en werklike vry land hê ! So jammer dat hy ook deur soveel hartseer moes gegaan het.

Lee ·

Awesome Duncan! Ek haal my hoed af vir jou. Wens daar is meer mense daar buite wat soos jy dink! Mooi loop en veilig wees!

Ai ·

Nyawo sal Maandag langs die N4-deurpad vertrek en beplan om Woensdag 29 Augustus by die Uniegebou op te daag. Gaan dit rerig so lank vat vir Duncan om by die Unie gebou uit te kom?Maroela kan julle die datum net reg maak, volgende Woensdag is die 29ste April ek glo rerig nie hy gaan amper 4 maande stap tensy hy gaan kruip.

Sophia ·

Die artikel sê: “Nyawo sal Maandag langs die N4-deurpad vertrek en beplan om Donderdag 30 April by die Uniegebou op te daag.”

Akhenaten ·

Sterkte vriend, dis n groot taak en ek hoop jy is veilig.

Chris* ·

Baie dankie Duncan, ons is ‘n reenboog nasie wat almal die pad kan saamloop. Deur die verlede die hede en die toekoms. Mag God oor jou waak met elke tree wat jy gee….. Sterkte

chris ·

Chris*,die man moet werklik geluk gewens word met hierdie poging en dit dwing respek af.
Die reenboognasie waarvan jy praat bestaan nie,dit is wensdenkery en ‘n totale leun.Mense in Amerika,Engeland,Duitsland en vele meer het ook uiters goeie werk gedoen vir die klomp meisies wat ontvoer is in Nigerie so ook is daar optogte gehou vir baie ander hartseer verhale die wereld oor.Al hierdie volke gaan nie nou in een Reenboog verval nie, dit bestaan net in die Liberalis se kop omdat dit so mooi klink.As jy die pad wil saamstap besef egter dat jy met meer as 67% van mense sit wat of vir die ANC of EFF stem, hulle gaan nie saam met jou stap in hierdie reenboogland van jou nie ,hulle gaan jou vertrap.Jy stap die pad nou al vir 20jaar .Ek kan baie dinge noem wat verswak het ek glo jy ook, weeg dit by die wat verbeter het en kyk mooi na die somresultaat.
Sterkte Swaer ek stap nie saam nie.

Johan ·

Chris.
Jy is so reg (Een swaeltjie maak nie ‘n somer nie)
Die positiewe wat ek en ons almal hieruit kan neem is dat daar een man (swart) is wat nie kortsigtig is nie, en mag die Almagtige GOD gee dat deur sy optrede daar baie ander (swart & wit)is wat dit lees en raak sien en dat dit hulle optrede en denke kan verander. Ons roem mos ons self as ‘n Christelike nasie. Dit is mos ‘n teken van naaste liefde. Mag dit so wees dat ons almal in VREDE en in LIEFDE met mekaar kan saam leef, en mekaar kan respekteer soos wat HY dit van ons vra? Erens moet iemand iets begin doen, en dalk is die tyd nou em dat dit Duncan is wat dit begin!!!

chris ·

Johan dankie .
As ek egter om my kyk dink ek nie die NSA dra Sy goedkeuring weg nie.Ek gaan nie nou die gesprek in ‘n geloofsrigting vat van wat nou eintlik reg en wat verkeerd is ,volgens God nie.Al wat ek se is dat sy liefde nie meer so duidelik sigbaar was en is in die land nie , daarvolgens maak ek ook die afleiding dat die mengelmoes gedoente wat die reenboog genoem word, nie sy goedkeuring wegdra nie.

Ek hou van jou respek vir mekaar stelling.Ek dink dit is hier waar ons groot probleem le ons(wit)wil hulle( swart) verwesters want dit is mos kwansuis beter(en anders om ook) .Soos reeds vermeld ,niks gee my die reg om my kultuur as beter te beskou nie en hierin le die Liberalis se tameletjie.Hy weeg die afrikaan op teen sy(westerse) kultuur, regstelsel,normes ens,en se einlik hierdeur sy kultuur regstelsel ens is beter.Die swartmense sien dit raak .
Ek wil net byvoeg dat ek baie in Afrika beweeg en het hieruit baie geleer soos onder andere dat hulle nie sal en wil verwesters nie net so min soos ons wat meer as 350jaar in Afrika woon sal verafrikaniseer.As dit ons so lank gevat het en al wat ons gedoen het is om ons eie westerse kultuur hier te kom skep(ons is nie meer Duits,Fraans,Engels ens nie)hoeveel te meer is hierdie een nasie droom nie maar net ‘n droom nie?
As ons werklik vrede wil he moet ons oor onsself regeer en saamwerk op alle ander gebiede.Afrika het ons baie nodig, kyk maar wat vermag die boere in die buurlande.Net so het ons Afrika nodig ons is tog immers kinders van Afrika ,altans ek is.

Susan ·

Sterkte aan Duncan en mag Jesus hom bewaar teen al die gevaar daar buite . Daar baie sulke swart mense wat bereid is om te loop. Meeste net bang vir wat met hulle sal gebeur as die ander uit vind

jacques ·

Duncan Nyawo. vir Presedent ek kan nie glo dat daar in die land n swartman opstaan vir plaasmoorde nie,ek droom seker.

Leon ·

Duncan, jammer jy stap nie deur Bethlehem nie, sal jou graag in die oë wil kyk – en ń groot man se hand skud.

Anita Myburgh ·

Duncan, jy is voorwaar iemand om op trots te wees. Dankie dat jy nie jou vas staar aan kleur nie, en opstaan vir wat reg is. Ek waardeer dit opreg, en dit gee my hoop dat daar iewers n lig in die donker tonnel van Misdaad is. Jammer oor jou verlies van n broer en die familie wat na jou gekyk het. Sterte met die stappery.

CHRISTA ·

Duncan jy is ‘n ster!! Jy bewys weer eens dat die regering nie almal kan bluf nie. Ek hoop dat jy jou positiewe sienswyse aan almal wat op jou pad kom kan oordra. Die feit dat jy ook erken dat nie alle boere rassisties of haatdraend teenoor ons land se swart bevolking is nie gee ons weer moed dat ons in vrede kan saamleef.

Mag die liewe HERE elke tree met jou saamloop en sy hand van bewaring oor jou hou – elke dag!!

Mia Swanepoel ·

Duncan, my pa is nog in diens van die sapd en ek, my man en skoonpa boer met melkbeeste en skape, so ek is min of meer in dieselfde bootjie as jy. Plaasmisdaad is ñ baie wrede realiteit asook die gevaar wat ons polisie lede Moet trotseer. Ek is so jammer vir jou verlies. Dis verskriklik! Geweld raak almal, maak nie saak wat ñ mens se kleur, taal of agtergrond is nie. Dis vir my erg om Te dink iemand doen sulke goed aan ander. Ek wens mense kan mekaar net uitlos en verdra en hulle by hul eie lewens bepaal. Maar hulle Sal eerder roof, verkrag, en moor om hulself besig Te hou. Ek het die wêreld se respek vir jou wat teen hierdie gepeupel opstaan. Dit vat baie wilskrag om so ñ besluit Te maak. Maar sorg tog net dat jy dit veilig doen. Misdaad is oral. Pas asb op dat jy nie ook ñ slagoffer word nie. Baie sterkte en baie dankie vir jou mooi gebaar. Groete

Corrie Collard ·

As ek kon, sou ek hom daar gaan verwelkom het! Ek dink hy verdien ‘n helde ontvangs!

fransie rowles ·

Ek sou jou die presidensiele raadgewer gemaak het of nog beter president!!
Kan almal nie maar so gesindheid he nie?
Dan is ons land weer lekker om in te bly!!
Dankie !!

Martha Wandrag ·

ASB!!!! Duncan jy moet versigtig wees!!! Ai soos jy weet die wereld is wreed daar buite. Ons kan net DANKIE se vir wat jy doen. Hoop om sommer gou van jou uitslae te hoor. Groete.

jacques ·

Pasop dat jy nie neerslaan van terugkyk terwyl jy loop nie hoor,maar toemaar ons sal jou weer ophelp.

Leeutjie ·

Nie net het Duncan nie maar al julle awesome forum skrywers my vanmore in trane. Dit het my weereens tot die besef gebring dat elkeen van julle ‘n bell vanoggend verdien! Nie een negatiewe opmerking nie…Well done!!!

Johanna Olfsen ·

Baie dankie Duncan, SO is n reenboog nasie veronderstel om te wees, ons moet saam stap in die land Suid Afrika.

wilma ·

knap gedaan.. wens almal in ons land wil dink soos jy dink om dinge beter te maak…. sterkte met die pad…..

Eish! ·

Wees asb versigtig! Baie daarbuite wat nie hou van wat jy doen nie en weet waar om jou te kry. Ek dink jy is ‘n ster!

Anette ·

Wow! Jammer oor jou broer. Sterkte met di langpad. Dis so iemand soos jy wat dit nog vêr gaan bring. Danki dat jy bereid is om saam te staan. Veilig wees.

Lynette ·

Dankie Duncan, dankie dat jy ons plaasBoere insluit in jou staptog. Mag jy ‘n veilige 350 km stap. Ek hoop daar sal iemand wees wat jou kan vergesel en jou veiligheid sal verseker. God dank vir ‘n lojale mens soos jy. Ons weet daars nog baie mense soos jy en dit gee ons hoop. Ek is ook onsettend jammer vir jou verlies . . .

Catherine ·

As ek daar in Suid Afrika was het ek SAAM met hom gestap! Dit sal ‘n groot boodskap gee as hy nie alleen hoef te stap nie! Ek hoop wanneer hy sy eerste tree gee, sal die tweede een vier tree wees saam met hom…en by die tyd wat hy by sy bestemming aankom sal dit vier duisend wees! Mag die Here met hom wees!

Eliza-beth ·

Ek hoop enigeen wat hom langs die pad sien, stap ‘n paar tree saam as aanmoediging en gee hom ‘n koue koeldrankie of ‘n ding. Mooi so en sterkte, hoop nie jy kry blase nie en ek hoop Maroela gaan ons ‘n paar “langs-die-pad” foto’s wys en meer terugvoer hieroor gee?

Jan ·

Dankie Duncan,was die EFF en ANC leiers maar van jou gehalte dan so daar regtig vrede en lefde in ons pragtige land gewees het

Sonia Killeen ·

Dit sal wonderlik wees as daar mense by hom aansluit en as daar heel wat boere en polisielede hom in wag. As ek in Pta was het ek hom beslis ingewag.

jan ·

Wat n versoenings boodskap. Duncan ons gee weereens respek aan die boer wat jou wou ophef. Ja sowaar wil ek glo daar was menigte van hulle wat soveel omgegee en vandag nog. Die ANC en EFF het ek glo nie die ware prentjie nie. Hoeveel van my nasie het al soveel opgeoffer, en ek glo dat GOD sien alles raak. Die stryd begin ernstig le en soos Jan de wet sing, dit is nou Broer teenoor Broer. Nogmals dankie vir jou opstaan Duncan. Ek hoop dat die Leiers van ons regering vaardig die hoof van die polisie af om jou een of ander Mandela troefee of toekenning te oorhandig of so iets, voorkomende maatreels is mos deel van die polisieform stelsel in ons land en word deur duisende van ons toegepas soos deur hulle omskryf of nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.