Goeie nuus: Vermiste oupa stuur SMS

Kobus van der Berg (Foto verskaf aan Maroela Media)

Kobus van der Berg (Foto verskaf aan Maroela Media)

Kobus van der Berg (65), die pensioenaris van Pretoria wat Saterdag verdwyn het, het Maandagaand van hom laat hoor.

Volgens Felicia Rudolph, sy kleindogter, is inligting nog skaars oor waar hy is, maar sy foon is weer aangeskakel en het hy ʼn SMS met die woorde: “Ek is okay” aan haar gestuur.

Maroela Media het Maandag berig dat Van der Berg se familie ʼn vermistepersone-saak by die polisie aanhangig gemaak het, nadat hy Saterdag vir die laaste keer gesien is toe hy van Centurion op pad was om by vriende in die noorde van Pretoria te gaan braai, maar nooit daar opgedaag het nie.

Sy familie het die polisie van die nuwe verwikkelinge ingelig, en is van voorneme om die saak te sluit. Hulle vermoed dat hy dalk tans alleen wil wees weens verskeie persoonlike redes.

Sy familie het almal bedank wat hulle bygestaan het, en gehelp het om na hom te soek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sollie ·

Ai oupa, jy moenie jou familie bekommerd maak nie! Hoop dit was regtig JY wat die sms gestuur het, mens weet mos nie meer deesdae nie! Koop maar vir die familie ‘n lekker klomp sjokolade vir al die grys hare wat jy hul besorg het!

CJ ·

Wat as iemand anders dit gestuur het en voordoen dat hy/sy Kobus van den Berg is. Ek sou dit net glo as ek die familie was as ek hom in lewendige lywe kon sien. Hoekom probeer die polisie nie hom regtig opspoor nie. Sy sell nr sal mos kan aandui waar die sein vandaan kom.

Estelle ·

CJ stem saam met jou, al moet jy ‘n pin intik met die aansit van ‘n selfoon is die skelms baie slim en kry dit gedoen. Ek sal ook verdere ondersoek instel en die polisie betrokke kry as ek die familie was! Dit klink baie “fishy” en moontlik dat hy gedwing was om die sms te stuur omdat hulle weet die polisie was betrokke!

annatjie ·

Dit klink vir my baie agterdogtig. Twyfel of hierdie Oupa self hierdie boodskap gestuur het. Polisie moet verder soek.

Theresa ·

Ek stem CJ. Vandag is enige iets moontlik. Daardie woorde op die SMS beteken minder as niks.

Marie swanepoel ·

Ons wil as familie aan almal dankie se wat ons gehelp het oor hierdie tydperk en die wat steeds help met raad. Pa/oupa Kobus het die afgelope tyd deur moeilile tye gegaan. Ons bly bid dat hy veilig sal terug keer. Hy het ons laat weet dat hy veilig is en dat hy tyd nodig het om alleen te wees. Ons het die saak gesluit by die Polisie sodat hulle op andeander sake kan werk. Dankie aan almal vir sie omgee. Pa/Oupa ons is lief vir jou.

susan ·

Marie. Maak asb nogtans seker dat dit wel hy is wat die boodskap gestuur het. Baie gebede het opgegaan vir hom en ons wil graag hê hy moet veilig wees.

Riette ·

Is hulle seker dit is wel die oupa wat die sms gestuur het, dalk moet hulle eerder aanhou soek hy is dalk vermoor of iets en iemand anders gebruik sy foon

V ·

Nee wat maak maae eeder seker dit is Oupa self.Bel hom en hoor of dit hy self is.Stem saam vandag is die goed so agteraf en sal namens Oupa sms stuur.Klink maar agterdogtig.Sterkte!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.