ʼn Opera wat die lewensverhaal van Nelson Mandela vertel, moes ná drie vertonings sluit weens ʼn tekort aan fondse.
‘Madiba: The African Opera’ het Vrydagaand sy première by die Staatsteater in Pretoria vertoon, maar moes drie dae later sy deure toemaak toe hy nie meer sy akteurs kon bekostig nie.
“Dit is as gevolg van ʼn nie-betaling deur die Lotto,” het Unathi Mtirara, vervaardiger van die opera en een van Mandela se kleinneefs, gesê. “Ons wag nog vir hulle om te betaal. Ons kon nie voortgaan terwyl die saak nog nie afgehandel is nie.”
Die opera sou eers in Suid-Afrika wys voordat dit in die buiteland sou toer.
Die Staatsteater het bevestig dat die vertonings gekanselleer is, maar wou nie besonderhede oor die privaat produksie verskaf nie.
Die Nasionale Lotery (Lotto) finansier talle kunsprogramme en liefdadigheidsorganisasies, maar sukkel soms om al die aansoekers te dek.
Mandela, Suid-Afrika se eerste swart president, is op 5 Desember 2013 in die ouderdom van 95 oorlede ná ʼn lang siekbed. -SAPA-AFP
Hou die gordyn gesak.
Hoe kon hul in 1ste plek enige vertoning doen, as hul weet daar is nie geld nie? Weet hul van enige begrotings wat gedoen moet word?
Is daar nie n begroting gedoen nie?
Begrotings is vir mense wat weet hoe om met geld te werk – duidelik nie hier van toepassing nie…..
Dis omdat akteus ‘n helse bedrag eis om in opvoerings en musiekblyspele en operas’s op te tree. Nee wat, die gordyn moet maar gesak bly.
As hulle nie iets vir ‘die liefde van die saak’ wil doen nie, moet die gordyn maar gesak bly.
Begrotings is mos vir die voeëls.
Dankie tog, hou dit maar so…..
Waar is die boedel miljoene ???
Mooi man !! Seker nie genoeg teatergangers gehad nie .