Griekwastad-moorde: “Verkragting en moorde hou nie verband nie”

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens 'n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die aanklag van verkragting teen ʼn 17-jarige seun wat van die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad beskuldig word, hou nie verband met die moorde nie, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Dinsdag gehoor.

Regterpresident Frans Kgomo hoor tans die slotbetoë aan in die seun se moord- en verkragtingsaak.

Die seun word beskuldig van die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14) op 6 April 2012. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy Marthella verkrag en vir die polisie gejok het.

Riaan Bode, vir die seun, het dit aan die hof gestel dat die beweerde seksuele beserings tussen 12 en 72 uur voor die sterftes plaasgevind het. Hy het die hof versoek om kennis te neem van die tydfaktor en die moontlikheid dat ʼn verkragting nie tydens die aanval kon plaasvind nie.

Bode het ook die staat se aanklag van verkragting bevraagteken weens die feit dat daar nie genoeg feite is om die bewering te staaf nie. Hy het gesê die staat se kenner het aangedui dat die “rooiheid” op die meisie se geslagsdele moontlik deur iets anders veroorsaak kon word. Op ʼn vraag van Kgomo het hy erken dat hy slegs oor die ernstige beserings van die meisie kan spekuleer.

Hy het dit ook aan die hof gestel dat die skraalgeboude seun nie Deon Steenkamp, wat as ʼn groot man beskryf word, sou kon aanval nie.

Daar was ook nie DNS van die boer op die seun nie, wat onwaarskynlik is weens die beserings wat die seun glo aangerig het, het Bode aangevoer.

Bode beweer die polisie-ondersoek na die moorde word ook bevraagteken. Hy sê die feit dat daar nie enige bruikbare vingerafdrukke op die toneel was nie, beteken dat dit nie behoorlik ondersoek is nie. Hy het ook die hantering van die DNS-bewyse bevraagteken. Onbekende DNS is op die moordwapens aangetref, maar dit is nie verder ondersoek nie.

Volgens Bode kon die verbrande groen Jeep-baadjie wat by Deon Steenkamp aangetref is ook moontlik DNS van die aanvaller bevat het weens die struweling met Deon.

Bode sê die hantering van hierdie aspekte en die feit dat die staat se saak gebaseer is op omstandigheidsbewyse beteken die seun is beroof van moontlike feite in sy guns.

“Daar bestaan ander moontlikhede,” het Bode gesê.

Hy voer verder aan dat dit nie onwaarskynlik is dat iemand anders buiten die seun op die moordtoneel was nie.

Die staat moet nog sy slotbetoog lewer. -SAPA

Lees ook:
Griekwastad-verhoor hervat
Griekwastad-moorde: Seun se aansoek misluk
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat
Griekwastad-moordverhoor: Regter beslis oor uitstel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Tiener pos regspan
Staat: ‘Griekwastad-moorde was beplan’
Griekwastad-moorde: Dié vonnis as hy skuldig is
Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag
Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener
Griekwastad-moorde: Verhoor onverwags uitgestel
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.