Griekwastad-moorde: Voog en ouma glo steeds in sy onskuld

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens 'n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die Griekwastad-moordenaar se voogfamilie sal hom nie verlaat nie, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Vrydag gehoor.

“Niemand van ons beskou hom as ʼn monster nie,” het die voog se vrou aan die hof gesê. Haar naam mag nie bekend gemaak word nie om die minderjarige seun se identiteit te beskerm.

Sy het voor regterpresident Frans Kgomo getuig ter versagting van die 17-jarige se vonnis.

Die hof het die seun op 27 Maart skuldig bevind aan die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14). Hulle is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek in Griekwastad doodgeskiet. Die seun is ook skuldig bevind aan Marthella se verkragting en dwarsboming van die gereg.

Die vrou het aan die hof gesê sy glo steeds die seun het nie die misdade gepleeg nie. Sy het gesê hy het laat ontwikkel in vergelyking met haar eie seuns. “Verskeie vriende het by ons kom kuier terwyl by ons gebly het. Ek en my dogter was daar en hy het hom goed gedra,” het sy gesê.

Die vrou het ook aan die hof gesê sy weet die polisie het met verskeie meisies in verbinding getree wat kontak gehad het met die seun, omdat hulle saam aan sport deelgeneem het. “Hulle kon nie een enkele aanduiding kry dat hy homself sleg gedra het voor ander meisies nie,” het sy gesê. “Daardie ouers het ons gebel en hulle was ontsteld oor van die vrae.”

Sy het aan die hof gesê daar was van dag een af geen genade vir die kind nie, en daarom het sy en haar man besluit om as voogde op te tree. Kgomo wou by haar weet wat sy sou doen as die kind binne die volgende vyf jaar erken dat hy die moorde gepleeg het. “As hy dit self vir my sê, sal ek dit moet glo.” Sy sê egter sy sal hom dan steeds ondersteun.

Die seun se ouma, wie se naam ook nie bekend gemaak word nie om sy identiteit te beskerm, het vroeër aan die hof gesê sy glo ook steeds aan die seun se onskuld, ondanks die kennergetuienis wat hulle aangehoor het.

Majoor Bronwynn Stollarz het ter verswaring van die seun se vonnis gemaan dat die seun ʼn risiko vir die samelewing is, aangesien sy misdade manipulasie en geweld insluit. Sy sê hy moet in die tronk aan die seksoortredersbehandelingsprogram deelneem en gereelde psigoterapie bywoon.

Die saak is tot 24 Junie uitgestel vir finale vonnisbetoë. -SAPA

Lees ook:
Griekwastad-moorde kon nie voorspel word nie
Griekwastad-moorde: Seun nooit gekonfronteer
Griekwastad-moorde: Seun het ‘pragtige persoonlikheid’
Griekwastad-moorde: Voog wil dalk appelleer
Griekwastad-moorde: “Mans mag nie huil nie”
Vonnisoplegging begin vir Griekwastad-moordenaar
Geen borgtog vir Griekwastad-moordenaar
Griekwastad-moorde: Hier is die uitspraak
Griekwastad-moorde: “Die domste plaasaanvaller in Suid-Afrika”
Griekwastad-moorde: Uitspraak vandag verwag
Griekwastad-moorde: Staat sê seun is skuldig
Griekwastad-moorde: Verkragting en moorde hou nie verband nie
Griekwastad-verhoor hervat
Griekwastad-moorde: Seun se aansoek misluk
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat
Griekwastad-moordverhoor: Regter beslis oor uitstel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Tiener pos regspan
Staat: ‘Griekwastad-moorde was beplan’
Griekwastad-moorde: Dié vonnis as hy skuldig is
Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag
Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener
Griekwastad-moorde: Verhoor onverwags uitgestel
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MArlene ·

Ja nee fam sal dit mos nou se want “as” hy onskuldig verklaar word kry hulle seker baie omkoop geld van hom. Die deler is net so goed soos die steler. Hy is skuldig .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.