Grootste klasaksie kom dalk teen Transnet

Die Transnet-pensioenarisse Foto: VF Plus

Die Transnet-pensioenarisse Foto: VF Plus

Prokureurs sal die Pretoriase hooggeregshof nader vir goedkeuring om ʼn klasaksie teen Transnet te voer namens meer as 62 000 pensioenarisse, het Rapport Sondag berig.

Die groep wil R79.963 miljard – bates en rente daarop – van Transnet eis. Volgens die berig is Transnet glo van plan om die pensioenfonds te ontbind waarin hy 65 000 afgetrede werknemers uit die apartheidsjare oorgeplaas het voordat hy die bates van die fonds gestroop het.

Die regspan het glo op dokumente afgekom wat daarop dui dat die fonds se trustees, almal werknemers van Transnet, besig is om die fonds se reëls op só manier te wysig dat hulle die fonds kan ontbind. Die hofgeding, wat deur twee top advokate naamlik Jaap Cilliers SC en Leon Kellerman SC gelei word, begin Maandag in die Pretoriase hooggeregshof.

Brian Molefe, hoof uitvoerende beampte van Transnet, het aan die koerant gesê die lot van die pensioenarisse is nie sy bekommernis nie, aangesien hulle “begunstigdes van apartheid” is. Altesaam 33% van die pensioenarisse is swart.

Indien die hof die aansoek goedkeur, sal dit die begin wees van die grootste klasaksie wat nog in die land se regsgeskiedenis aangehoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bobby Graaff ·

Die mense Moet terug gaan en ook die Mediese skema laat onder soek

Nellie ·

“Brian Molefe, hoof uitvoerende beampte van Transnet, het aan die koerant gesê die lot van die pensioenarisse is nie sy bekommernis nie, aangesien hulle “begunstigdes van apartheid” is. Altesaam 33% van die pensioenarisse is swart.”

Wat noem ons nou hierdie deel, is dit nie dat daar op die oumense neergekyk word nie. (Rasisties)

Eugene W Steyn ·

Ek het van my stoel af geval toe ek Brian Molefe se kwaadwillige uitspraak lees. Ongelooflik!

Hierdie is ‘n baie belangrike hofsaak uit ‘n finansiele oogpunt. As dit nie slaag om Transnet verantwoordelik te hou nie, beteken dit dat jou werkgewer effektief transaksies kan doen wat jou aftreegeld baie kan benadeel, en dat jy basies niks daaraan kan doen nie!!! Die werkgewer se top ouens leef dan soos konings, terwyl hulle afgetrede werknemers kripeer van die ellende.

Onthou om ook aftrede-bates op te bou buite jou werkgewer se voorsorg- of pensioen fonds. (bv. uittree-annuteite)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.