Hewitt-‘slagoffer’ praat oor seksuele dade

Bob Hewitt Maandag in die hof. Foto: Werner Beukes/SAPA

Bob Hewitt Maandag in die hof. Foto: Werner Beukes/SAPA

WAARSKUWING: Die besonderhede in hierdie berig is grafies van aard en nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

Een van Bob Hewitt, die voormalige Grand Slam tennis-dubbelkampioen, se vermeende slagoffers het Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg wat in die Palm Ridge-landdroshof sit, getuig hoe haar voormalige tennisafrigter haar seksueel misbruik het.

Die vrou het aan die hof gesê Hewitt was haar tennisafrigter toe sy 12 jaar oud was en in Bedfordview in Johannesburg gewoon het. Sy het gesê Hewitt sou haar aan die einde van tennislesse oopmond soen en vir haar sê hy het haar lief. “Hy het my op die gras laat lê, en langs my gelê,” het sy getuig. “Hy het aan my borste geraak en my aan syne laat raak. Ek het nie die terminologie verstaan nie, maar sy penis was hard. Ek was 12 jaar oud en het nie geweet wat gebeur nie.”

Hewitt het haar aan die einde van 1980 Sun City in Noordwes toe geneem vir ʼn tennisuitstappie. Die meisie se ouers en Hewitt se vrou sou ʼn paar dae later by hulle aangesluit het. “Op pad na Sun City het hy sy motor langs die pad stilgehou en vir my gesê om sy penis te soen. Hy het sy penis uitgehaal en my kop afgedruk.”

Sy het getuig dat hy haar verduidelik het hoe om orale seks uit te voer. “Ek was baie bang. Ek het volwassenes gerespekteer en gedoen wat daar aan my gesê is.”

By Sun City het hy haar glo een dag na sy kamer ontbied. “Ek is na sy kamer en hy het begin om water in die bad te tap.” Sy het gesê hy het sy klere uitgetrek en haar opdrag gegee om dieselfde te doen. Hy het in die bad geklim en haar gesê om bo op hom te lê. “Ek was skaam, ongemaklik en bang.”

Hewitt het haar toe glo aangesê om op sy bed te gaan lê. “Hy het langs my kom lê en begin om my te soen.”

Sy het getuig dat Hewitt sy vingers op haar vagina gesit het, en dit was pynvol. Hy het toe glo ʼn smeermiddel op sy penis gesit en haar gepenetreer. “Hy het die woord ‘gemeenskap’ gebruik. Hy het gesê hy wil gemeenskap met my hê. Hy het bo-op my gelê en sy penis in my ingedruk. Ek het vir hom gesê dit maak seer, en toe haal hy dit uit. Hy het omgerol en gesê ons sal later weer probeer,” het die vrou getuig.

Hewitt, nou in sy 70’s, het stil in die beskuldigingsbank gesit, en is deur sy vrou ondersteun.

Hy staan tereg op twee aanklagte van verkragting en een van onsedelike aanranding.

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Bob Hewitt op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Elfie ·

Die ou vuil uil… Ga, ek wonder hoevele ander se dade is onder die mat gevee want meisies (en seuns ook) was altyd te bang en skaam om iets te sê.

Leeutjie ·

Hoekom so lank gewag om te praat. Genade, as kind sou ek dadelik ten hemele geskree het laat almal my gehoor het en dadelik vir my ouers gese het daarvan. Hoekom is kinders bang om te praat. Hoekom kom dit nou eers uit!! A nee A. Hy het al met haar op die gras gele op 12 jaar!!!! Sy ry toe ook nog saam met die gemors Sun City toe!!! En sy vrou staan hom by?? Kan ‘n mens so hardop wees om met so gemors getroud te wees en hom nog by te staan! Is dit liefde???

GaanJouNieSeNie ·

Ek het vir almal vertel maar niemand wou my glo nie, almal het gedink die ou vark is ‘n ordentlike ou, in die kerk en alles. Wel hy het my later van tyd omverskoning gevra voor my Ma, maar die skade is klaar gedoen maak nie saak hoe sleg sy nou voel dat sy nie wou luister nie.
Hoekom praat kinders nie? WANT GROOT MENSE LUISTER NIE!!!

Elfie ·

Weet jy Leeutjie, in daardie dae toe dit gebeur het, het die siening “kinders word gesien en nie gehoor” gegeld. Jy kan jou nie in so meisie se skoene plaas en as sy so jonk is en hierdie is ‘n leierfiguur en iemand wat in die openbare oog is – wie gaan jou net glo? Dis hoe kinders op daardie ouderdom redeneer en soos ek sê veral in daardie dae. As mens nie in haar skoene gestap het weet jy nie hoe dit was nie…

Pierre Celliers ·

ant, Ek persoonlik dink, haar prioriteit is om geregtigheid te laat geskied, maar,
ek sal ook eis as ek sy is.

Pierre Celliers ·

Gaan jou nie se nie.
Ek voel verskriklik jammer dat jy moes te hore kom van
hierdie episode met jou ma. Al wat ek kan se is, moenie
jou ma verkwalik sodat dit julle verhouding skade aandoen nie.
Jy weet self watter tipe maaksel hierdie Hewitt vent is.

Pierre Celliers ·

Groot verskoning!!!!
Ek besef nou eers dat jy eintlik die slagoffer was!
My meegevoel bly nog dieselfde vir jou en jou ma.
Ai, die ding maak my so die herrie in!!!!

Dave ·

ant, jou stelling is sò onvanpas dit behoort verwyder te word.

charles ·

Ja dis bad ek ook n dogter en sou so iemand verniel het maar daai arme vrou toe n meisie se lewe is verwoes maar hoekom so lank wag om te praat sorry

ladybug ·

Walglike man wat op klein jong meisietjies geteer het, en nog gedink het hy gaan daarmee wegkom!

Hopelik laat die Regstelsel nie hierdie slagoffers in die steek nie…

Was ook skaam ·

Ek voel vir haar. Eks vandag 36 en op 13 het n man huisvriend ook misbruik gemaak van my. Dis nie iets wat mens ooit vergeet nie. Ek het probeer praat maar my ouers het nie geluister nie. Vandag is hulle glo baie spyt en vra hoekom het ek niks gese nie. Wat help dit mens praat en hulle hoor nie wat jy se nie. Hoop geregtigheid geskied

Leeutjie ·

Sjoe, ek kan nie glo dat ouers nie ore het nie. My pa sou so persoon in die hospitaal in gevoeter het! In die hospitaal sou hulle vir hom gese het eet laat ons kan sien watter kant is jou kop! Ek kom ook uit daardie dae uit.

Ig ·

Die varknek is so skuldig soos kan kom. Dit is presies hoe pedofiele en molesteerders funksioneer.Hulle is in n magsposisie of vertouensposisie en misbruik dit om hulle drange te bevredig sonder om aan die slagoffers se lyding te dink.In sy vrou se geval is dit weereens n geval van Niemand is so blind soos hy wat nie wil sien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.