JHB-busbestuurders staak

rea-vaya.jpgJohannesburg se Rea Vaya-busbestuurder staak van Maandag af.

“Busbestuurders sal Maandagoggend tussen 05:00 en 08:00 werk, en dan tot verdere kennisgewing staak,” het Obed Sibasa, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, Sondag gesê. “Passasiers word aangeraai om in die middag en ná werk van alternatiewe vervoer gebruik te maak.”

Sibasa het pendelaars aangemoedig om vroeg op te daag by taxistaanplekke en bushaltes.

Die departement van vervoer in Gauteng beplan in ʼn afsonderlike saak om Maandag te vergader in ʼn poging om spanning tussen twee taxiverenigings, Meadowlands, Diepkloof-Noord (MDN) en die Baragwanath, Meadowlands Taxivereniging (BMTA), op te los.

Verteenwoordigers van die Top Ses-, MDN- en BMTA-verenigings en die Gautengse regering sal na verwagting die vergadering bywoon. Die spanning tussen die taxiverenigings het na bewering reeds tot die dood van MDN-eienaar, Mzayifani Mpongose, gelei. Dit was weens ʼn weeklange MDN-staking wat verlede Maandag begin en Sondag tot ʼn einde gekom het.

Mpongose is verlede Saterdag in Orlando-Wes, Soweto, doodgeskiet. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.