Joost het nie met Nigeriese prediker ontmoet nie

Joost van der Westhuizen. Foto: Blink Pictures (foto word met vergunning op Maroela Media gepubliseer)

Joost van der Westhuizen. Foto: Blink Pictures (foto word met vergunning op Maroela Media gepubliseer)

Joost van der Westhuizen, voormalige Springbok-kaptein, het nog nooit met die Nigeriese prediker TB Joshua ontmoet nie, het ʼn verteenwoordiger van die familie Woensdag gesê.

“Joost van der Westhuizen het nooit Nigerië toe gegaan om met dié prediker te ontmoet nie en het ook nooit sy hulp versoek nie,” het Odette Schwegler, ʼn verteenwoordiger van die familie, gesê.

“Indien hy het sou dit nie ʼn probleem gewees het nie, maar hy het nie,” het Schwegler gesê. Sy het die bevestiging gegee na verskeie media berig het dat Van der Westhuizen vir Joshua genader het om hulp.

President Jacob Zuma het vroeër bekend gemaak dat minstens 67 Suid-Afrikaners dood is nadat ʼn gastehuis by die Synagogue Church of All Nations Vrydag in Nigerië ineengestort het. Volgens mediaberigte is meer as 100 mense uit die puin gered. Die amptelike dodetal is egter nog nie bekend nie.

Lees ook:
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: Dodetal nog onduidelik
67 SA’ners sterf in Nigerië by TB Joshua-gebou
SA’ners dalk geraak deur ineenstortings in Nigerië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.