Kaapstad wil provinsiale EFF-leier vervolg

Argieffoto: Daniella van Heerden/eNuus, Twitter

Argieffoto: Daniella van Heerden/eNuus, Twitter

Die stad Kaapstad beoog om kriminele klagte teen Nazier Paulsen, Wes-Kaapse leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), aanhangig te maak nadat Paulsen die onwettige besetting van grond in Khayelitsha aangehelp het.

J.P. Smith, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het Dinsdag gesê dat hy ook aan die speaker van die provinsiale parlement sal skryf om te versoek dat stappe teen Paulsen, ʼn lid van die provinsiale wetgewer, gedoen word.

Volgens Smith sal ʼn klag met betrekking tot die Wet op Voorkoming van Onwettige Uitsetting teen Paulsen gelê word. Hy is derhalwe ook skuldig aan die verbreking van die gedragskode vir lede van die wetgewer.

Paulsen het Maandag die besetting van die grond langs die Nolungile-treinstasie aangehelp en gesê die grondbesetting is “net die begin”. Wetstoepassers en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die besetters verhoed om boustrukture op die grond, wat deur Denel besit word, op te rig.

Volgens Paulsen het grondbesetters Maandag ook begin om grond al langs Bonganistraat te beset en rig reeds geboue daar op. “Die raad sê dat hulle die situasie monitor wat baie snaaks is, aangesien hulle [tot die raad] verkies is om dienste te lewer, nie te monitor nie,” het hy gesê. Paulsen het verder gesê dat die EFF boumateriaal aan mense sal verskaf sodra hulle grond vir besetting geïdentifiseer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pierre Celliers ·

Arrogante uitdaging tot konflik! Gee hom dit, hy vra dan so mooi!!

Gert ·

Kaapstad asseblief maak n voorbeeld van julle optrede tot die anargie. Kla die mense en veral die aanhitsers aan. Hulle kruip weg terwyl. Hulle openlik die mense aanhits om te breek en te steel. As die aanhitsers hok geslaan word sal al die poo stop.

Janine du Plessis ·

Waar kom al hierdie nuwe plakkers skielik vandaan? Die Oos-Kaap? Ek sien hulle is rasegte swartmense. Wat kom hulle in die Wes-Kaap maak sonder ‘n blyplek of ‘n werk? Word hulle geplant om die eff-stem in die Wes-Kaap te versterk? Ek vra maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.