Klagtes teen SA sportliggame wat voor regering se kwotadruk swig

Argieffoto.

Argieffoto.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Suid-Afrikaanse sportliggame gemaan dat hy amptelike klagtes by internasionale sportliggame sal indien teen enige Suid-Afrikaanse sportfederasie wat voor die regering se druk swig om streng rassekwotas in te stel.

AfriForum se waarskuwing volg kort na die minister van sport, Fikile Mbalula, aangedui het dat die land se nasionale spanne ‘n 60-40 kwotabeleid moet toepas, waarvolgens 60% van die spelers swart moet wees.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verbied byna alle internasionale sportliggame se regulasies enige vorm van rassediskriminasie en regeringsinmenging in sport. Kriel het daarop gewys hierdie verbod op rassediskriminasie ondubbelsinnig verwoord word in Internasionale Olimpiese Komitee se Olimpiese Handves, wat van toepassing is op die meeste sportsoorte, sowel as die regulasies van onder meer die Internasionale Rugbyraad, Internasionale Krieketraad en die Internasionale Netbalfederasie.

“AfriForum sal nie stilsit en toekyk hoe jong mense se drome en sportloopbane vernietig word deur rasbehepte politici en sportadministrateurs nie. Ons sal daarom geen koste en moeite ontsien om by elke internasionale sportliggaam te gaan veg teen die blatante diskriminasie in Suid-Afrikaanse sport nie,” het Kriel bygevoeg.

Kriel het daarop gewys dat AfriForum ten gunste van sportontwikkeling is, sodat almal die geleentheid kan kry om aan sport deel te neem. ʼn Rassekwota-beleid dra volgens Kriel egter nie daartoe by om nuwe spelers te onwikkel nie en benadeel talentvolle sportsterre. “Talentvolle swart spelers word deur kwotas benadeel omdat die geldigheid van hulle opname in die spanne voortdurend onder verdenking is, terwyl kwotas ook talentvolle jong wit spelers van geleenthede ontneem,” het Kriel bygevoeg.

Volgens Kriel gaan AfriForum binnekort ‘n omvattende veldtog teen rassekwotas in SA sport loods en doen AfriForum se regspan reeds voorbereidings om klagtes teen sportsoorte in te dien wat tans kwotavoorskrifte toepas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Riaan V ·

Ek wonder wat gaan met swem gebeur, nie eens die magtige VSA met hulle oormaat van swart talent m.b.t. hul swart atlete kon nog swart swemmers van naam oplewer nie, sekere groepe presteer doodeenvoudig nie in sekere sportsoorte of selfs spesialisposisies nie. Kyk gerus na Europese sokker daar ‘n groot % gekleurde spelers maar die % gekleurde doelwagters is BAIE minder, in Amerikaanse voetbal (gridiron) is die spelers meer as 50% swart maar die “quarterbacks” meesal wit, daar moet tog ‘n rede vir hierdie verskynsel wees,en dis beslis nie gebrekkige geleenthede nie, in hierdie twee voorbeelde is geleenthede tog irrelevant, vir die wat die rede wil weet praat gerus met kundiges mense baie slimmer as ek. :) ‘n Klein wenk; in swem het dit te doen met beendigtheid/ligaamsmassa, in sokker en “gridiron” met beter en swakker dieptepersepsie in posisies waar dit op topvlak belangriker in sekere posisies as in ander is is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.