Kleuter by Jhb-inkopiesentrum gevind; ouers dringend gesoek

Die foto van die seuntjie wat op sosiale media versprei is.

Die foto van die seuntjie wat op sosiale media versprei is. Dit is digitaal gemanipuleer om sy identiteit te beskerm.

JONGSTE: Die seuntjie se ma is gevind en hy is in ‘n plek van veiligheid geplaas. Klik hier om die saak op Maroela Media te volg.

NEEM KENNIS: Die ma van hierdie kind word van kinderverwaarlosing aangekla en Maroela Media moet dus gevolglik die kind se naam verwyder en sy gesig verbloem om sy identiteit te beskerm.

Die polisie is dringend op soek na die ouers van ʼn tweejarige blondekopseuntjie wat Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is.

Michelle Pelser, woordvoerder van die Mondeor-gemeenskapspolisiëringforum (GPF), het Saterdag aan Maroela Media gesê die kind se ouers is steeds nie gevind nie. “Lede van die gemeenskap het ʼn man met die seuntjie sien weg stap van The Glen-inkopiesentrum af. Hulle het die man gestop en gevra waar hy die seuntjie kry en hy het gesê hy het die kind by die inkopiesentrum gekry en hy is op soek na sy ouers,” het Pelser gesê.

Die gemeenskapslede het die seuntjie teruggeneem na die sentrum en by die veiligheidswagte navraag gedoen. Hulle het egter nie die seuntjie herken nie en gesê niemand het ʼn vermiste kind aangemeld nie. “Ek het toe ʼn saak by die Mondeor-polisiestasie oopgemaak en sedertdien is ons dringend op soek na hierdie kind se ouers,” het Pelser gesê.

ʼn Polisiebeampte by die Mondeor-polisiestasie het aan Maroela Media bevestig ʼn saak is oopgemaak en die ouers van die kind word steeds gesoek.

Die seuntjie is tans in ʼn plek van veiligheid totdat sy ouers opgespoor kan word. Volgens Pelser is hy nie in staat om te sê wat sy naam is of wie sy ouers is nie. “Hy lyk egter glad nie getraumatiseerd nie en hy is ook nie beseer nie. Hy was aanvanklik baie stil gewees, maar hy lyk eintlik oukei,” het sy gesê.

Pelser het gesê hoewel die seuntjie se foto al wyd op sosiale media en gemeenskapsforums versprei is, het niemand hom nog geëien nie. “Daar het in ʼn stadium mense ons gekontak en gesê dit kan moontlik hulle kind wees, maar dit was toe ouers van ʼn ander kind wat ook glo onlangs in die area vermis geraak het. Hulle het nie die foto’s van die seuntjie gesien nie. Hulle het net gehoor ʼn kind is gevind en toe dadelik gedink dit kan moontlik hulle kind wees,” het sy verduidelik.

Gerugte dat die polisie weet wie die kind se ma is en dat sy glo gereeld haar kinders verlate êrens laat, kon nie deur Pelser bevestig word nie. “Ons weet nie waar daardie gerugte vandaan kom of wie dit versprei nie. Ons volg alle leidrade op, maar daardie inligting is nie bevestig nie. Ons weet nie in hierdie stadium wie die seuntjie se ouers is nie.”

Enigiemand wat die seuntjie herken of meer inligting oor die saak het, kan Michelle Pelser skakel 084 292 9144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

V ·

Watse ouer doen dit aan n kind?Hoe kan die ouers nie weet dat hul kind weg is nie.Nee kyk hierdie land is n groot gemors.

Magda ·

Ag asseblief, dink jy regtig die goed gebeur net in ons land? Dit bly egter bitter sleg indien die seuntjie gelos is en nie dalk verdwaal het nie.

Rina ·

Liewe Vader…..hoe kan n ma nie haar kind oppas nie, en nie eers weet of omgee waar hy is nie. Dit is verskriklik.

cherrylle hutchison ·

die ouers v.d. Kind moet so swaar gestraf word, hoe op d. Aarde kan jy kind vergeet? Bog hier is iets anders aan die broei?

Magda Basson ·

Die kind lyk nogal baie soos die fotos wat sy van haar kind op facebook het

Sandra ·

Ekt ook gaan kyk en dit lyk regtig asof dit haar seuntjie kan wees…iemand haar al ingelig oor die berig?

yolandi ·

Dit lyk presies soos haar kind – daai helder blou ogies!! Ken iemand haar??

Debbie ·

Yes definitief haar kind ek het gaan kyk. Het iemand haar laat weet?

amanda ·

die ma moet vervoer vermoor of in koma wees!!! geen Ma sou teen die tyd nie al die wereld omgekeer het nie???!!!

amanda ·

dis gladni anvaarbaar van ons mense om sulke dinge an hul kinders tedoeni, kinders nie gevra om daar teweswi,
kyk na jul kinders moenie hul weggooi nie sis

Dave ·

Sis (oftewel sies) … as jy ten minste net kon spel sou ons geweet het wat jy probeer sê.

Carli ·

Ai dit breek my hart. Ek sal hom mos enige tyd kan aanneem. Ek hoop sy ouers word gevind en dat hulle sal kan verduidelik.

Sarah Wissler ·

Moffetview CPF have located the mother and she has been taken in for questioning.

Agnes ·

dalk is die kind van n ander werelddeel en praat hy nie engels of afrikaans nie

Agnes ·

dalk is die kind van n ander werelddeel en praat hy nie engels of afrikaans nie

Magzie ·

Hulle moet die kind in iemand se sorg sit wat hom die liefde en aandag kan gee wat hy nodig het en ook sal oppas soos goud want sy ma glo ek stel nie regtig belang nie en wil hom nie regtig hê nie. Die kind is of deur nie ma of die vriend by die mall gelos in die hoop dat iemand anders hom sal vat.

Bianca ·

Glenvista Community Policing Forum
8 minutes ago · Edited ·
UPDATE

The mother has been located,

Provincial SAPS have requested that in the interests of the child’s safety that no further speculation or pictures be posted

GV4

Melody de Winnaar ·

Waar is die sentrum se derde oog? Ek het na die vrou na wie julle verwys se fb profiel gekyk, As sy ‘n kind het, dan sou daar sekerlik ‘n foto of bewys daarvan op haar blad wees, Enige ouer is trots op sy kind DAAROM wys ons graag op die sosiale netwerk genaamd fb ‘n foto of twee.. wat my regtig hinder, sou ‘ n moeder haar kind verloor in ‘n sentrum, sal sy onmiddelik die sekuriteit in kennis stel! en ja, ek dink die man wat die kind se ouers kamma wou soek, sal definitief nie buite die sentrum na die ouers soek nie, want die kind kan skaars praat,wat nog te sê tussen hoeveel voertuie sy ouers se voertuig eien?

Michelle ·

Ek hoop van harte dat die ma ‘n goeie verskoning het. Mense, ek het ‘n boek gelees waarin ek besef het net hoe baie ‘n kind sy/haar ma nodig het. Gaan koop Bloedsusters, en vertel ander om dit te lees. Die wereld moet nou tot ‘n besef kom.

Mandy ·

Hoe kan n ma haar kind vergeet?Dit klink vi my die vrou wil nie die kind meer he nie dan gooi sy haar kind weg!Of daars n slang in die gras.

milissa ·

Hi there,
It is sad to c what this woman is able to do, as she has done the same thing over a year ago and this time she happened to blame a mother and daughter. I’m sorry but I would rather have the child removed and placed in proper care and then have the mother evaluated. She is not married has also only just found a place of her own. ROSSETENVILLE……… Explains it all.

dee ·

What an inappropriate remark..
A suburb does not define a person.

heidi ·

Die fotos in hierdie berig behoort ook onmiddelik verwyder te word

Ben ·

Waar is die sentrum se sekeriteit kameras,by die deure en binne in die sentrum?Mens kan mos sien wie het in gestap en wie het uit gestap.

lucas Viljoen ·

Dankie vir breedvoerige nuussdekking oor die hele spektrum heen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.