Leerling vermoor maat by PTA-laerskool

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Graad 6-leerling is Maandag met die aanvang van die laaste skoolkwartaal vir 2014 by ʼn skool in Pretoria deur ʼn ander Graad 6-leerling doodgesteek.

Phumla Sekhonyane, ʼn woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê die voorval het by Laerskool Bula Dikgoro in Mamelodi plaasgevind.

“Die voorval het tydens skoolure by die skool plaasgevind,” het Sekhonyane gesê. “Die skool het dadelik ʼn ambulans ontbied, maar paramedici het die 12-jarige slagoffer, ‘n seun, op die toneel dood verklaar.” Die verdagte is in hegtenis geneem. Lees meer hier.

Meer inligting kan nie in hierdie stadium bekend gemaak word nie, aangesien dit moontlik die polisie se ondersoek kan belemmer. Die departement het ook hul eie ondersoek van stapel gestuur.

“Beraders is ontbied om die familie en skoliere by te staan. Ons betuig ons innige meegevoel aan almal wat deur die tragedie geraak word,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

shantell ·

Ja nee kyk…. Waar heen gaan ons land as die skole al so erg raak dat kinders mekaar vermoor… Het 2 seuntjies en is te bang om my oudste skool toe te stuur volgende jaar…. Mag die HERE saam daai gesin wees… En ek hoop regtig daai kind word hard gestraf … Daai ouderdom weet n kind wats reg en verkeerd en weet wats moord… Ek hoop nie hy word net gelos nie… Dat hy weer in die toekoms iemand kan seer maak of iemand se lewe kan neem nie…

Paul ·

Dink jy dis die eerste keer dat so iets gebeur?

Net omdat jy dit vandag in die media lees, beteken nie dit het nie ook 10 jaar gelede, en 20 jaar gelede, en 30 jaar gelede, en 40 jaar gelede gebeur nie.

shantell ·

Nee ek weet dis al baie wat dit gebeur.. Maar dis verskriklik dat daar nog geen plan in skole is om die dinge stop te sit nie… Ander skole kyk kinders se tasse deur vir wapens ens… Ek voel skole moet net begin streng raak want hoe hulle nou op tree is glad nie streng genoeg nie… Kinders wat ander kinders so afknou (boelie) hulle moet some dadelik geskors word met n waarskuwing… As n kind n 2 de keer oor tree moet hulle dadelik uit die skool verwyder word en nie meer toegelaat word om daar skool te gaan nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.