Ma, ouma in hof oor kleuter se dood

Foto: @VioletEyeKZN op Twitter.

Foto: @VioletEyeKZN op Twitter.

ʼn 31-jarige vrou en haar 55-jarige ma het in die Chatsworth-landdroshof in Durban, KwaZulu-Natal verskyn na die dood van die jonger vrou se driejarige dogtertjie.

Die ouma, Salatchee Venilla Basanich, is Donderdag in hegtenis geneem nadat paramedici haar kleindogter, Jamie Faith Naidoo, by hulle huis in Havenside dood verklaar het. Dit is nog nie duidelik wanneer die dogtertjie se ma, Patricia Kershie Ishwalal, in hegtenis geneem is nie. Albei word aangekla van moord.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die saak is tot Donderdag uitgestel.

Honderde mense het voor die hof betoog en geëis dat die twee vrouens se aansoek om borgtog afgekeur word. Een groep mense het gedreunsing: “Bring die doodstraf terug”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.