Ma skuldig bevind ná baba op snelweg stap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tienervrou wie se kind in April op die N1-snelweg geloop het, is Donderdag skuldig bevind aan poging tot moord en kinderverwaarlosing.

“Die vrou word op 16 September gevonnis,” het Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, in ʼn verklaring gesê. Sy het Donderdag in die landdroshof in Vereeniging verskyn.

Die 19-jarige vrou is op 5 April in hegtenis geneem, twee dae nadat haar 16 maande oue baba ʼn noue ontkoming met ʼn vragmotor gehad het terwyl hy op die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit gestap het.

Die vrou het skuldig gepleit op al twee aanklagte en is vroeër vrygelaat op borgtog van R500.

Die lot van die kind is nie bekend gemaak nie. Nxumalo het in April bevestig die kind is in ‘n plek van veiligheid.

Lees ook:
Baba loop op N1: Ma aangekla van poging tot moord
Ma verskyn in hof oor baba op snelweg
Ma vas oor baba op snelweg
Baba loop op N1-snelweg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Canned Phantom ·

Hou daardie tienervrou weg van kinders af. Gee die kind vir volwasse ouers wat omgee. Daar is baie mense wat so kind met liefde en versorging sal grootmaak. Waarskynlik weer ‘n geval van die speel was lekker, maar die grootmaak van die gevolge is nie so lekker nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.