Ma word al week lank vermis, moontlik gekaap

Jeanine Swanepoel (née Rossouw) (37) word vermis.

Jeanine Swanepoel (née Rossouw) (37) word vermis.

Lees die opvolgberig hier: PTA-ma veilig in PMB opgespoor

Jeanine Swanepoel (née Rossouw), ʼn 37-jarige ma van Lynnwood in Pretoria, word sedert verlede Woensdag vermis en daar word gevrees dat sy moontlik gekaap is.

Kapt. Colette Weilbach, ʼn woordvoerder van die Brooklyn-polisiestasie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Swanepoel is verlede Woensdag laas by haar woonstelkompleks gesien.

Volgens Swanepoel se ekman Frans, het hy sy wit Toyota Hilux-bakkie vir haar geleen om glo meubels vir haar tuinier na Mamelodi te vervoer. Die tuinwerker het saamgery en albei het daarna na Pretoria teruggekeer. Volgens Frans beweer die tuinier dat hy haar nog die middag by haar huis gesien het. Frans het Vrydag onraad begin vermoed nadat sy nie opgedaag het om hul vyfjarige seun, wat by Frans woon, te kom kuier nie. Sy bakkie is later die dag verlate op die N3-snelweg naby Howick in KwaZulu-Natal opgespoor. Frans het Swanepoel Maandag by die Brooklyn-polisiestasie as vermis aangemeld.

Conrad van der Merwe, ʼn privaatspeurder wat aangestel is om na haar te soek, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die voertuig is onder verdagte omstandighede gevind, wat die indruk skep dat sy gekaap is. “Die bakkie se deure was gesluit en is verlate gevind,” het Van Der Merwe gesê. “Die nommerplate en lisensieskyf is ook verwyder.” Swanepoel het sedert Woensdag ook nie haar selfoon of bankkaarte gebruik nie.

Sy het groen oë, is 1,6 m lank, weeg ongeveer 60 kg en het blonde hare wat op haar skouers hang.

Die polisie versoek die publiek om Jeanine se foto te versprei en op die uitkyk vir haar te wees. Van Der Merwe het veral inwoners van Pietermaritzburg en Durban gevra om op die uitkyk vir haar te wees, maar versoek ook inwoners in ander gebiede om paraat te wees.

Enigiemand met inligting oor waar sy haar mag bevind kan konst. Nthuseni Mudzanani by 012 366 1763 of 082 379 9647 bel. Mense kan ook Van Der Merwe by 083 457 9840 of 086 000 5111 bel, of Crime Stop by 08600 10111.

jeanine

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann Roux ·

Die herstel van hierdie stukkende land gaan myns insiens lank en moeilik wees.
Daar is soveel dinge wat eers moet gebeur voordat die juk van die goddeloses van ons skouers af is.

Ek hoop dat sy gevind mag word, ongeskonde is my bede.
Ek bid vir haar seuntjie, geliefdes en familie. Hierdie tydperk waardeur hulle nou gaan is nie maklik nie.

Ek wil ook aan almal wat hier lees sê, dat ‘n barmhartigheidsgebaar wat perke het nie ‘n sonde is nie.

Johann Roux ·

Dankie vir die kompliment, lorayne.

Dit word opreg waardeer.

Groete.

Johann.

Grassie ·

Sal vir haar bid en duim vashou, maar – miskien klink ek kleingelowig. Ons bly in ‘n vreeslike land.

Johann Roux ·

Ek wyk nou van die berig af? Wie het die aardbewing gevoel? Ek bly in Randburg en dit was nogal rukkerig hier! Ek het dit nog nooit so iets beleef nie.

Anita ·

Johann, mense het by ons gebou uitgehardloop, ook in Randburg.

‘n Mens weet nooit waneer word jou kruisie getrek, my saak is reg.

Johann Roux ·

Dit was erg hier by ons, Anita. Ja, ons weet nie.

Dit is ‘n tevrede gevoel, dat ons verlostes die sekerheid het waarna ons oppad is na.

Theresa ·

Dankie Vader, Jeanine is veilig gevind. Dankie dat haar lewe gespaar is en dat sy ongedeerd is. Dankie dat haar seuntjie nog ‘n mamma het. Amen

Magda ·

Hi Johann! Ek bly in Brits en het dit hier gevoel. Ja dis omtrent snaaks!!!! Blykbaar so 5.3 op die richterskaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.