Malema: ‘Zuma moet ly’

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

President Jacob Zuma moet ly, het Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryhedisvegters (EFF), aan ondersteuners in Marikana buite Rustenburg, Noordwes gesê.

“Zuma is nie siek nie, hy is ‘n bekommerde man. Ons wil nie hê dit moet goed gaan met hom nie, ons wens dat hy lank ly,” het Malema aan die skare gesê. “Hy moet ly tot hy verantwoordelikheid neem vir die moorde op mynwerkers.”

“Hy het julle mans, broers en seuns vermoor. Hoe verwag hy om vrede te hê as hy so baie mense doodgemaak het? Hulle geeste pla hom nou.” Malema het verwys na die 34 mynwerkers wat in 2012 in Marikana doodgeskiet is.

Zuma het verlede week tyd af geneem om te rus na die ANC se verkiesingsveldtog en sal Dinsdag sy verpligtinge hervat. Malema sê die regering het die mense van Marikana in die steek gelaat en het daarin misluk om verantwoordelikheid te neem vir die mense wat daar gesterf het.

“Die ANC het jou nooit lief gehad nie. Hulle het ons mense doodgemaak en nooit verantwoordelikheid daarvoor geneem nie.” Hy sê die EFF het nooit van die mense van Marikana vergeet nie. “Ons sal saam julle sterf en langs julle begrawe word want ons is een. Ons sal julle nooit verlaat nie.” – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Blikkies ·

Dit is nou dieselfde Malema wat eens vir Zuma so sterf. Grapgat.

anita ·

Malema moet van iewers salaris ontvang, dus hy het hom aangesluit by die land se beste salaris strutuur.
Alleenlik kan ek nie begryp hoedat hy in Parlement kan sit met so ‘n belasting skuld nie, of insolvensie nie, dit was altyd die lands beleid gewees dat ‘n persoon geen politiek kan betree indien die finansiële agtergrond nie skoon is nie. Het ons daarteen beswaar gemaak op elke straat hoek…nee…ons laat Gods water oor Gods akker loop…en die water is baie vuil.

Hy sal geen kans kry om oor Z…. te loop nie, want hierdie persoon begin nou siek rapporteer i.p.v. oneerbaar af gedank te word. binne 2 jaar is hy uit met GROOT siekte goue handdruk, en Malema sal steeds sy belasting moet betaal. Nee…ons Vadertjie is te uitgeslape vir sy vorige kleinkind.

vicus ·

Gee pampoengesig dit toe, Hy weet wie hy n lot gemors in die kop in kan praat, Hy weet hoe om n skare van barbare te beinvloed, Hy is n opportunis wat met n gepeupel agter hom dalk iewers kan kom. Stel jou voor. Met R12500 n maand wat gaan die gepeupel wat geen benul van geldwaarde het nie daarmee doen, As julle wil geldmaak mense, Maak solank n paar sjebeens oop in Rustenburg as Malema en sy trawantedaarin slaag om aan hulle eise te laat voldoen

vicus ·

Gee pampoengesig dit toe, Hy weet wie hy n lot gemors in die kop in kan praat, Hy weet hoe om n skare van barbare te beinvloed, Hy is n opportunis wat met n gepeupel agter hom dalk iewers kan kom. Stel jou voor. Met R12500 n maand wat gaan die gepeupel wat geen benul van geldwaarde het nie daarmee doen, As julle wil geldmaak mense, Maak solank n paar sjebeens oop in Rustenburg as Malema en sy trawante daarin slaag om aan hulle eise te laat voldoen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.