Man brand dood in voertuig

Die motor waarin die man verkool het. Foto: Verskaf

Die motor waarin die man verkool het. Foto: Verskaf

ʼn Onbekende man het Dinsdag in die vroeë oggendure in ʼn motor doodgebrand ná ʼn botsing met ʼn vragmotor op die N1 naby Ventersburg in die Vrystaat.

Sers. Mamello Mokhuoane, polisiewoordvoerder, het gesê die ongeluk het omstreeks 00:15, sowat 5km buite die dorp plaasgevind.

“Die bestuurder van ʼn Hyundai i10 het na bewering ʼn U-draai op die snelweg gedoen toe ʼn aankomende vragmotor daarteen gebots het,” het Mokhuoane gesê. “Die Hyundai is ná die impak meters ver deur die vragmotor gesleep voordat dit tot stilstand gekom het. Die motor het aan die brand geslaan met die bestuurder steeds daarin.”

Mokhuoane het gesê die man se liggaam is onherkenbaar verbrand. Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.

Die Venterburg-polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.