Man in besige PTA-restaurant doodgeskiet

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Faceboo

ʼn Man in sy 40’s is Dinsdagaand in ʼn besige restaurant in die ooste van Pretoria voor ander klante doodgeskiet.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die Brooklyn-polisie, het gesê die voorval het omstreeks 19:30 by Coco Bistro, in die Castle Walk-sentrum in Erasmuskloof, plaasgevind.

“Twee mans was besig om hul aandete te geniet toe ʼn onbekende gewapende man by die restaurant ingekom en na hul tafel gestap het,” het Weilbach gesê. “Die verdagte het op een van die mans geskiet en hom noodlottig gewond. Die slagoffer is op die toneel dood.”

Die verdagte het glo nog twee skote afgevuur voor hy van die toneel gevlug het.

Die polisie is besig om die motief te ondersoek.

Die Brooklyn-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Weilbach het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Mense met inligting kan die Brooklyn-polisie by 012-366-1735 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dave ·

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord sê die beriggewer. ………………..natuurlik! Dit is logies.

KAG ·

Liewe hel…….. ‘n Lewe in die land het maar “cheap” geword. Stap in die local bar in en skiet jou teiken. Niks anders as die ou Wilde Weste nie. Scary.

Dave ·

Die ‘ou Wilde Weste’ kon nie werklik so erg gewees het as sSA (swart Suid Afrika) nie.

Elisma ·

Mmmmm….iemand het duidelik met iemand se vrou gelol hier….. En het die restaurant dalk kameras wat die man vasgevang het sodat die publiek kan help soek?

Judy-anne ·

Belaglik dat ons almal al hierdie dinge begin aanvaar dat dit maar gebeur? dit is nie ok nie dit is maligheid mens is absoluut nerens nerens in Suid-Afrika veilig nie dit is vreeslik hoe leef mens so???

snel ·

Wonder of die skieter die man geken het. Dis vreeslik, mens is nêrens meer veilig nie. Wat n skok vir almal in die restaurant.

KOWIE ·

AS JY GEDINK HET JY IS VEILIG IN SA DINK WEER , IN NAMIBIA KAN ONS NOG
OOP DEURE BLY EN ONS IS NIE SO AAN GEVAAR BLOOT GESTEL NIE .
NOORDOEWER

ladybug ·

Dis nie sonder rede gedoen nie … hy moes iewers droog gemaak het.

C Taute ·

“Kelner, ‘n koffie met koue melk en ‘n AK47 asb..”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.