Man in hof ná vrou se 50 steekwonde

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man moet Woensdag in die landdroshof in Randburg, Gauteng, verskyn nadat ʼn vrou 50 keer met ʼn skerp voorwerp in Bryanston aangeval is.

“Die 42-jarige man is Dinsdag in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem,” het kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, gesê.

Maroela Media het vroeër berig die vrou is Saterdagmiddag op die hoek van Peter Place en Karenstraat in Bryanston aangeval. ʼn Verbyganger en haar kind het die vrou opgemerk en die polisie ontbied. Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het Sondag gesê die vrou, vermoedelik in haar 30’s, is dood nadat sy ongeveer 50 keer met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

Beeld het berig dat die slagoffer aan die vrou wat haar gehelp het, gesê het haar man het haar aangeval. The Star het Dinsdag berig die vrou is op die perseel van ʼn maatskappy in Sandton, waar haar man werk, aangeval.

Die man, wat vermoedelik die vrou se man is, het nie Maandag vir werk opgedaag nie.

Lees ook:
Man vas ná gru-steekmoord
Vrou sê glo dit was haar man voor sy sterf
Vrou sterf ná 50 steekwonde

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.