Man soek na hy tweejarige keelaf sny

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is op soek na ‘n man wat glo ‘n tweejarige seuntjie keelaf gesny het met ‘n gebreekte bottel.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Maandag in Seshego in Polokwane, Limpopo plaasgevind.

“Die verdagte het glo sy meisie se tweejarige kind teen ‘n muur vasgeslaan, hom keelaf gesny met ‘n gebreekte bottel en ook ‘n tienerseun in die kop gesteek toe hy probeer ingryp het,” sê Mulaudzi.

Mulaudzi sê die verdagte het ‘n venster gebreek om toegang tot sy meisie se huis te kry waarna ‘n argument tussen hulle uitgebreek het. Die vrou het glo na haar tannie se huis gehardloop om hulp te kry toe die man die seuntjie teen die muur geslaan het.

Die seuntjie het Dinsdag in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die tienerseun ontvang steeds behandeling in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.