Maphatsoe moet bewyse lewer, sê OB

Kebby Maphatsoe, voorsitter van Umkhonto we Sizwe se militêre veterane vereniging, tydens 'n perskonferensie in Johannesburg op 8 September 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

Kebby Maphatsoe, voorsitter van Umkhonto we Sizwe se militêre veterane vereniging, tydens ‘n perskonferensie in Johannesburg op 8 September 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het Kebby Maphatsoe, voorsitter van die Umkhonto we-Sizwe militêre veterane-vereniging (MKMVV), drie dae gegee om sy bewering dat sy ʼn geheime agent vir die sentrale intelligensie-agentskap (CIA) is, te bewys.

“Sy versoek dat hy moet bevestig of hy wel die uitlatings gemaak het, en binne 72 uur onweerlegbare bewyse moet verskaf indien hy wel die uitlatings gemaak het,” het Oupa Segalwe, Madonsela se woordvoerder, gesê.

“Sy verwag ook dat Maphatsoe sy uitlatings moet terugtrek en om verskoning moet vra. Indien hy dit nie doen nie sal sy haar magte gebruik in terme van artikels nege en 11 van die Openbare Beskermer Wet 23 van 1994 wat handel oor die minagting van die openbare beskermer.” Volgens artikels nege en 11 van dié wet is dit ʼn misdaad om die Openbare Beskermer te beledig.

The Star het Maandag berig dat Maphatsoe, wat ook die adjunkminister van verdediging en militêre veterane is, Madonsela daarvan beskuldig het dat sy vir die CIA werk.

Die MKMVV het egter Maandagmiddag tydens ʼn mediakonferensie ontken dat die uitlating gemaak is, maar het wel toegegee dat daar na die CIA verwys is.

“Hy het verwys na die moontlikheid van ‘n CIA-intrige in ‘n poging om die land te destabiliseer,” het Ike Moroe, Maphatsoe se spesiale raadgewer, aan verslaggewers in Johannesburg gesê. [Maar] niks is onmoontlik met die internasionale intelligensie-gemeenskap nie.”

Maphatsoe het gesê MK-lede is opgelei om “agente van die vyand” te identifiseer. “Ons weet hoe buitelandse intelligensie werk en ons suig dit nie net uit ons duime uit nie. Ons het daardie kundigheid en vat nie net kanse nie,” het hy gesê.

Maphatsoe het ontken dat die MKMVV ʼn aanval op die Openbare Beskermer se kantoor geloods het. “Sy dink sy is God,” het Maphatsoe egter Maandag gesê.

Madonsela kom erg onder skoot sedert sy verlede maand ʼn brief aan pres. Jacob Zuma gestuur het en hom gevra het wanneer hy op die bevindings in haar verslag oor Nkandla gaan reageer.

Lees ook:
VSA-ambassadeur wil klag lê oor CIA-aantygings
“OB is ʼn CIA-agent”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Hulle het “kundigheid”…Bless my soul…of dan in die Soetste Taal: “Seen my tongvis”…

Theresa ·

Praat van vermetel en arrogant. Watse snert raak hy nou kwyt. Maggies – Ek kan my ore nie glo nie.

alet ·

Sy bewys hulle n guns om hulle swakpunt uit te wys plaas dat hulle verbeter daarop die Regering en die hele land is net n groot gemors korupsie moord steel kaping toy toy dis dinge wat ons in ons tyd nie sou waag nie .Skrik wakker Zuma en doen iets as jy n man is.

Theresa ·

Nee Alet – Die untouchables is altyd reg. NOOIT verkeerd nie. Almal om hulle is maar hulle is ALTYD reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.