Maphatsoe vra glo om verskoning oor CIA-uitlatings

Kebby Maphatsoe, voorsitter van Umkhonto we Sizwe se militêre veterane vereniging, tydens 'n perskonferensie in Johannesburg op 8 September 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

Kebby Maphatsoe, voorsitter van Umkhonto we Sizwe se militêre veterane vereniging, tydens ‘n perskonferensie in Johannesburg op 8 September 2014 Foto: Werner Beukes/SAPA

Kebby Maphatsoe, voorsitter van die MK militêre veterane, het om verskoning gevra dat hy Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, daarvan beskuldig het dat sy ʼn spioen vir die CIA is.

Madonsela se kantoor het egter Dinsdag gesê hulle is nie bewus van só ʼn verskoning nie. Kgalalelo Masibi en Oupa Segalwe, woordvoerders vir Madonsela, het gesê hulle het nie enige dokument met ʼn verskoning van Maphatsoe ontvang nie. Segalwe het gesê die dokument is moontlik na ander persone in die kantoor gestuur en hy sal Woensdag eers kan bevestig of iemand só brief ontvang het.

Maphatsoe het om verskoning gevra en die uitlatings teruggetrek nadat hy aangevoer het Madonsela is ʼn spioen vir die Amerikaanse sentrale intelligensie-agentskap (CIA).

“Ek het Saterdag en Maandag uitlatings in my kapasiteit as voorsitter van die MKMVA gemaak oor die Openbare Beskermer,” het Maphatsoe Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Nadat ek met my organisasie, die ANC gepraat het, wil dit voorkom of daar ʼn misverstand bestaan oor my uitlatings. Ek trek dus my woorde terug en vra om verskoning vir enige aanstoot wat ek gegee het of skade wat ek berokken het.”

Maphatsoe se verskoning kom ure nadat hy aan die Nasionale Vergadering gesê het hy het glad nie sulke uitlatings oor Madonsela gemaak nie.

The Star het Maandag berig Maphatsoe, ook die adjunkminister vir verdediging en militêre veterane, het Saterdag tydens ʼn grafsteenonthulling van ʼn MK-vegter gesê Madonsela werk vir die CIA. Klik hier om meer te lees.

Madonsela se kantoor het Maandag gesê hy het drie dae om óf bewyse te lewer van die gerugte óf om verskoning te vra en sy woorde terug te trek.

Lees ook:
VSA-ambassadeur wil klag lê oor CIA-aantygings
Maphatsoe moet bewyse lewer, sê OB
“OB is ʼn CIA-agent”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa ·

Ja nou sing jy ‘n ander deuntjie. Nie gedink jou “comrades” gaan teen jou draai nie nê. Nou het dit bietjie warm geword daar waar jy sit……………

henk ·

so dit was lekker om sy groot kommunistiese bek te rek op TV voor die pers toe hy strooi wou praat, maar toe hy om verskoning moet vra, toe skryf sy persman ‘n patetiese brief!

Babs ·

So tipies van die ANC. Groot mond op TV en dan ‘n agterbakse, seker gedrukte dokument, om dit af te maak. Madonsela moet hom dwing om op Nasionale TV om verskoning te vra.

Elizabeth ·

Ek haal aan: Spreuke 18: 7 “‘n Dwaas se mond is sy ondergang, sy eie woorde ‘n dodelike strik”. Wat meer kan mens sê??

Louis ·

Weer eens `n geval van gebrek aan breins. Hy het nou gladnie daaraan gedink dat die CIA dalk ook kan aanstoot neem oor sy aantuigings nie ! En toe draai sy ANC maatjies ook hulle rug op hom toe hulle sien hier kom k.. DOM,DOM,DOM !!!

Martie ·

Ja!!!!!! hy met sy lustige tong, din kan nooit vergoed, gedane sake het geen keer. Ek gee nie om vir wie sy werk nie, sy is opreg en haal hulle korrupte spul een vir een uit. Wat die arme verlore siel nie besef nie is dat die CIA vir hom sal uithaal waar hy ookal is. Korrupsie, ag siestog! wil hy daaroor praat!!! ek wonder hoekom hy Zuma so berskerm, is hy dalk bang sy gedeelte van die inkomste is in gedrang. Reg en geregtigheid sal seevier, whoehoe!!!!!!!!

EMK ·

Sal dit nou nie uitstekend wees as die CIA hom in ‘n hof aanvat – weet nie wat se klag maar IETS kan hul seer sekerlik uitdink. En hy moet homself bevuil van angs die skaapkop! Mens moet DINK voor jy praat!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.