Meisie sterf ná stoel onder haar uitgetrek word

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn 17-jarige leerling aan Eden Park Secondary School in Alberton, Johannesburg is dood nadat ʼn klasmaat glo haar stoel onder haar uitgetrek het.

“Sy het geval en glo haar kop gestamp toe sy in die klaskamer wou gaan sit en een van die leerlinge die stoel onder haar uitgetrek het,” het lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, Woensdag gesê. “Die meisie is na die siekeboeg geneem, waar paramedici haar dood verklaar het.”

Die voorval het Maandag plaasgevind en word deur die Eden Park-polisie ondersoek.

Meer inligting oor die voorval is nie bekend gemaak nie.

Lees die departement van onderwys se kommentaar hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

SNEL ·

Sjoe, ek kan nie glo wat ek hier lees nie. Het sy haar kop gestamp of wat het gebeur? Toe ek op skool was het kinders dit ook soms gedoen, nooit gedink dit kan jou dood veroorsaak nie. Dis vreeslik!!!! Die arme ouers van daai kind en hoe moet die een nie voel wat die stoel onder haar uitgetrek het nie. Ek is seker sy het nie gedink dis wat gaan gebeur nie. Sterkte vir almal betrokke. My hart gaan uit na die ouers toe, baie sterkte .

Sollie ·

Snel, ja ek weet nie wie het ooit begin met hierdie “stupid” speletjie nie. Dis ook in my dae gedoen en dan kan ek nou vertel dat dit met een van my beste vriendinne gebeur het. Sy kon nie swanger raak na haar troue en het baie pyn ondervind (o vrek ek wil nou nie HIER in detail ingaan nie :( )en dit is toe bevind dat daardie harde val die moontlikste oorsaak was dat haar baarmoeder aan haar ruggraat vasgegroei het weens die slag. Sy moes ‘n operasie ondergaan en ja… stupid, dom speletjie!

sproetjies ·

Iemand het dit jare gelede ook met my gedoen. Genadiglik het ek nie iets oorgekom nie. Kinders dink nie altyd wat die gevolge van hulle aksies kan wees nie. Sterkte aan die ouers met hulle verlies. Hoop dis is les vir almal.

Asjas ·

Kan ons asseblief meer inligting kry? Sy kon nie dood wees agv van die val nie, sy het tog siekeboeg toe gestap? As dit so ernstig was, hoekom is sy nie gelos waar sy was en Nooddienste ontbied nie?

Janine ·

Daar word nerens genoem dat die arme kind self siekeboeg toe gestap het nie. Sy is soontoe geneem.

Innige simpatie aan almal betrokke.

Dit bly ‘n vieslike ‘speletjie’ . :/

Charlene ·

Ek is stom geslaan, dis vreeslik! Sterkte aan die kinders wat hier betrokke is, ek is seker hoe ook al die ander leerling dit bedoel het – ek dink nie vir `n oomblik sy wou haar dood veroorsaak het nie. Sterkte aan die ouers. Maroela kan julle asb vir ons meer inligting kry wat, hoe??????

Alet ·

Dit is sad. Dit het jare gelede met my gebeur en vandag het my kop nog steeds ‘n plat gedeelte as gevolg van die stamp want ek het toe ‘n muur agter my getref, Ek is net dankbaar ek het nie ernstige nagevolge gehad nie. Sterkte aan almal betrokke.

Patat ·

‘n Vriendin van my, se skoolmaats het ook, jare gelede, die stoel onder haar uitgepluk. Sy het haar rug baie erg beseer en het al talle rugoperasies moes ondergaan waar hulle die werwels een na die ander aan mekaar moes vaswerk – Nou is die skroewe besig om Los te gaan en Moet dit een vir een weer oorgedoen word. Sy het al vir so Baie jare ongelooflike rugpyn.
Dis n baie gevaarlike “speletjie ” en moet stopgesit word! Sterkte aan haar familie! Totaal onnodig!

Theo Nel ·

Dis bad rerig:( hoe moet daai kind se ouers nou voel……my nig se vriendin het dit maandag met ha ook gedoen toe stamp sy ha kop teen die tafel sy het nie so seer gekry nie maar dis nie reg wat die kinders doen van vandag nie ouers help julle kinders mooi ASB….julle is welkom om iets te se van my kommentaar Groete Theo nel

Theo Nel ·

Wie na reg en liefde strewe, aan hom word ‘n vol lewe en eer geskenk. ᴿᵉᶠ Spr 21:21

renscha ·

Sjoe dis baie sad! Hoop en vertrou dat die Here die famielie die kalmte en die vrede sal gee, want glo nie n ouer verwag dit nadat jy dink jou kind is veilig by die skool en dan moet jy hoor kind is dood van so iets nie. My hart gaan uit vir die ouers ons hou hulle in ons gebede. En ek bid vir die leerling wat die stoel getrek het ek glo die kind wou nie dit gehad het nie. Mag die Here daai leering ook vashou in hierdie moeilike tyd wat nog voor le..

Fanie Boshoff ·

Ja ‘n sekere knaap het dit op skool met my ook gedoen. Dit het voordele ook… Ek sou nooit diè tyd nog gelê en lees het as dit nie vir die rugpyn was wat ek daarvan behou het nie… Dis ‘n simpel ding om te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.