Motsoeneng gaan minister vra oor lisensies vir joernaliste

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, gaan ‘n formele voorlegging aan die minister van kommunikasie maak dat joernaliste lisensies moet hê om te praktiseer, berig The New Age.

“Ons gaan die voorleggings maak. Ek is verras dat Sanef [die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum] dit teenstaan. Dit beteken dat hulle nie behoorlik hulle werk doen nie,” het Motsoeneng volgens die koerant gesê.

Hy sê daar moet gevolge wees vir joernaliste wat foute maak. Volgens die berig is Motsoeneng besig om afronding te doen aan ‘n redaksionele plan wat hy by Faith Mathumbi, minister van kommunikasie, sal indien.

Motsoeneng het verlede week die voorstel gemaak dat joernaliste lisensies moet hê om te praktiseer, soortgelyk aan dokters en prokureurs. Volgens hom moet joernaliste wat onprofessioneel optree, hul lisensies verloor.

Lees ook:
‘OB-verslag hou nie verband met Motsoeneng-aanstelling’
SAUK se Motsoeneng permanent aangestel
Motsoeneng soek lisensies vir joernaliste
Joernaliste geskok oor vreemde mediakonferensie
Ondersoek ingestel na SAUK-hoof vrou as geskenk ontvang
SAUK-hoof kry vrou as geskenk
OB-verslag: ‘SAUK-hoof kry 63%-verhoging in een jaar’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eben ·

Fantasties Hlaudi Motsoeneng ek stem volkome saam … MAAR dan toe die bedryfshoof van SAUK ook die regte kwalifikasies hê. Hy moet bevoegd wees vir sy werk …. hy moenie sy salaris met 63% in een jaar verhoog dan gesels ons saam. Nee wat Hlaudi jy is korrup nes jou regering.

Bepaal jy by jou geleerdheid en verdien daar eers nie nodige. O jaaaa kry eers JOU lisensie dan volg ons. Terloops nie koop nie leer dit offfff laat jou matriek sertifikaat dit nie goed om verder te studeer.

Theresa ·

Ai, al die nuwe besems wat wil skoonvee. Wonder in watter “commic’s” kry hulle al hulle idees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.