MRK ondersoek ook ‘swart-gesig-foto’

Die foto wat op sosiale media versprei word

Die foto wat op sosiale media versprei word

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het aangekondig dat hy ook ondersoek gaan instel ná twee vrouestudente aan die Universiteit van Pretoria (UP) afgeneem is met swart gesmeerde gesigte.

“Hoewel die kommissie nog nie ‘n klag in die verband ontvang het nie, het die kommissie besluit om op eie inisiatief ‘n ondersoek van stapel te stuur,” het Isaac Mangena, woordvoerder van die MRK, aan Sapa gesê.

“Die kommissie stel veral belang in die maatreëls wat die universiteit gaan instel om die saak aan te spreek en die betekenis daarvan vir ander leerders op ‘n breër vlak.”

Mangena het die universiteit se ondersoek na die voorval verwelkom en sê hulle sal dit monitor.

“Dit is belangrik dat die proses sy gang gaan, ‘n proses wat die kommissie fyn sal dophou. Ons sal as deel van ons ondersoek ‘n volledige verslag van die dissiplinêre proses versoek.”

Die universiteit het vroeër aangekondig dat die twee studente uit hul koshuis geskors is.

Die twee studente word daarvan beskuldig dat hulle die universiteit se naam in oneer gebring het. Die foto is op sosiale media versprei.

Lees ook:
‘Swart-gesig-foto’: Studente uit koshuis geskors
Tugstappe teen studente oor ‘swart gesigte’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

kyla ·

Eintlik verdien hulle 1ste prys. Ek dink dit is baie swak dat die situasie so uit verband geruk work, dit was ‘n blote grap gewees. So kinders mag ook nie meer in konserte ens soos ou mense of rooikappie aantrek nie. Belaglik.

Christiaan Potgieter ·

Ek dink dit sal gepas wees as alle wit studente by Tuks organiseer om op ‘n spesifieke dag met swart gesmeerde gesigte klasse by te woon. Hierdie is niks anders as ‘n oordrewe “Afrikaner-bashing” reaksie en is werklik fascisties.

Emmerentia Pienaar ·

Hmmm… interessant. Wonder waar is die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie as dit kom by haatspraak teen die Blankes? Dinge soos ‘Kill the Boer, Kill the Farmer’ en hordes ander slagspreuke wat geskreeu word? Waar is die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie wanneer hulle sien dat daar besig is om Volksmoord gepleeg te word; Blankes wat voor die voet op die verskriklikste, wreedste maniere gemartel en afgemaai word? Maar één ding WEET ek dat ek WEET dat ek WEET: Yahweh my Elohim, die Almagtige Skepper van Hemel en aarde, sal die onreg wat nou geskied NET SO LANK AS WAT HY VOORAF BEPAAL HET, TOELAAT.

Estelle ·

ek gaan by die volgende robot waar ek stop die swart/witgesigte wat dans vir geld afneem en glo my as daar nie iets gedoen word aan die nabootsing/afkraking van wit mense nie, stuur ek ‘n brief aan, aan (o hel by wie kan ons kla?)

MRK – lyk nie of julle ouens baie besig is nie, want wragtig om die saak so uitverband te ruk, is hillarious! kry iets meer opbouend om te doen! kyk na al die moorde op blanke boere, en hel man dit word absoluut op ‘n barbaarse wyse uitgevoer! kla Sunette en Steve oor dit, dan word hulle deur die MRK aangekla (om watter rede?)

daardie dametjies het bloot pret gehad met geen rasistiese propaganda in gedagte nie!!!!!!!!!!!!! MRK en die dame (UP) wat so stof opskop oor dit, dit is julle wat dit nou in ‘n RASISTIESE storie draai! of het daar op die deur by die PRIVAAT PARTYTJIE GESTAAN “Whites Only”

Christiaan Jooste ·

Ja-nee! soveel dae soveel dinge. Gaan die MRK ook miskien ondersoek instel na die mense wat soos boemelaars aantrek na ‘n boemelaar party. Of wat van ‘n akteur wat op satirisie wyse met homoseksuele stereotipes spot. so kan ons aan gaan en aangaan. Ek dink die hiper-rassesensitiwiteit wat onder politieskorrekte liberaliste leef is ‘n teken van hulle eie demokratiese onvolwassenheid. Ons het inderdaad nog ‘n lang pad om te stap…

Babs ·

As UP weer fondsinsameling hou, knyp die beursies toe. Beauty en Precious, julle is pragtig.

Tokkie ·

Kan iemand wat meer breedsprakig is, ‘n klag teen NWU indien oor die haatspraak teenoor die blankes – ek sal ondersteun as julle handtekeninge ens benodig.

rienie ·

Ag hoe belaglik, het die mense niks anders om te doen, as om te kyk wat ander verkeerd doen nie. Die tipiese balk in eie oog! Ek stem saam met Kyla, so kinders mag glad nie meer konserte hou nie, want daar speel hul ook sekere karakters en trek so aan. En ja soos Emerentia se hoekom word daar nog niks gedoen aan die pamflete wat versprei is nie, als is doodstil, daar is nie elke dag ‘n berig daaroor nie. Ek dink die arme kinders is net so geskok, wat vir hul “fancy dress” was is nou een groot vuurwerk.

YOLANDA ·

hoeveel donker mense het ek al gesien wit hul gesigte wit smeer ????
WAT N GRAP !!!!

Hannelie ·

Wanneer, o wanneer gaan die verskriklike belaglikhede tog end kry? Ek is nou al verby “walgens” toe dik vir hierdie gejag op sulke onskuldige optredes!

Bianca ·

Ek’s sprakeloos… Soos dit soveel hier genoem word, daar is geen optrede van enige komissie, instansie, persoon- rakende die haatspraak pamflette in Potchefstroom nie, maar almal kry amper ‘n oorval as 2 dames onskulding volgens ‘n tema aantrek na ‘n privaat partytjie?!! Hoe maak dit sin in hierdie mense se koppe? Is hul logika dan so swak dat hulle nie kan onderskei tussen werklike diskriminasie/haatspraak/rassisme en onskuldige dade nie? Waar is die mense in die parlement en menseregtekomissie wat veronderstel is om te sorg dat regverdige besluite geneem word rakende hierdie klas goed?

Estelle ·

Maroela jammer vir julle maar alle kommentaar gaan nie “gesugar coat” word nie! Ongelukkig is die ‘n aanval op onskuldige studente dames!! so verwyder maar kommentaar nes julle wil!

william ·

Leon Wessels sal seker ook weer n eiertjie le, die verraaier.Hierdie stories is so belaglik. Na 1994 is universiteite die speelbal van kommuniste en sogenaamde “proffessors”Blade is seker in sy skik

HEVW ·

Almal se aandag is gefokus op die swart aan hul gesigte wat in elkgeval nie n mooi kleur is nie en sien nie die mooi agterstewes raak nie (humor). En dit terwyl hul so baie moeite daarmee gedoen het.
Twee pragtige dames wys hul dat jul humor het, sterk persoonlikhede het en die vermoe het om tenspyte van alle kleinlikheid te seefier en reuse sukses van jul lewe te maak.

Willie ·

Waar is die MRK as dit kom by korrupsie . Korrupsie vind plaas wanneer geld misbruik word,nie wanneer daar in ligte luim by PRIVAAT partytjies politoer wat self betaal is, gebruik word nie.
Dit is nie net Leon Wessels wat aangespreek moet word nie maar elke Afrikaner ( onge-ag ras of kleur ) wie gedink het as niets kom tot iets is dit nie allemans verdriet

Linda van Mosselbaai ·

Die MRK het seker beter dinge om te doen as om hulle te steur aan onskuldige pret. DIe wol word om ons oë gedraai en almal fokus op hierdie situasie. SUID AFRIKA KORT WERK VIR ALMAL – DIE REGERING MOET OPHOU OM GELD TE VERKWIS. AS DAAR KORRUPSIE IS MOET DIT GEOPENBAAR WORD. DIE LIEFDADIGHEIDS ORGANISASIES WAT OUE TEHUISE BEDRYF EN DIE WEESHUISE SUKKEL – MAAR DAAR WORD NIE AG GEGEE OP HULLE NIE – MRK GAAN KYK EERDER HOE GAAN DIT DAAR OF IN DIE SKOLE OF IN HOSPITALE EN KLNIEKE OF MY DIE POLISIE – daar is nie genoeg hulp nie !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Kry julle prioriteite reg!

roche ·

so dit beteken micheal jackson was ook n rasis, want hy het homself permanent wit gemaak!!!!!!!

Benita ·

My sentimente word mooi opgesom in Orwell se 1984. Pleeg jy in privaat n “misdaad”? Pasop vir ouboet Sosiale media.

Jook ·

Ek vind dit jammer dat studentepret met geen kwade bedoelings so uit verband geruk kan word. Ek betreur dit dat UP besluit het om die dames voorlopig uit die koshuis te skors. Dit is amper tyd vir semestertoetse. Hierdie girls moet nou leer en nou moet hulle veg om klaar te studeer. Dit was ‘n private partytjie. Niemand het seer gekry nie. Bedelaars op straathoeke smeer hulle gesigte wit en niemand raak opgeklits daaroor nie. Los die kinders uit! Ek hoop daar is ‘n goeie prokureur wat na vore kom om namens hulle hierdie organisasies op hulle plek te sit!

Van ·

hmmmmm. So ons witgesiggies mag nie kopdoeke opsit en ons gesiggies swart smeer nie. Maar die nie-blankes mag ons bespot deur pruike met regguit hare te dra en hulle gesiggies wit te smeer met onderlaag en grimering?????? hoe nou??

Venesa ·

“Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans!”, lui ʼn pamflet op die Puk glo

4 Augustus 2014
‘n Pamflet wat lui: “Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans

Wat het van die storie geword? Ai tog nou moet hulle weer die een toesmeer met die van die meisies. Ons gaan nie vergeet nie soek antwoorde oor kill the Boer, Kill the racist, Kill Afrikaans pamflet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.