Mynwerkers vasgekeer na aardbewing

Skade in Orkney. Foto: ER24

Skade in Orkney. Foto: ER24

Daar is volgens berigte werkers wat in myne in Orkney, Noordwes vasgekeer is na Dinsdag se aardbewing.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê hulle het berigte ontvang dat die aardbewing ‘n beduidende impak op veral een van die myne in die omgewing gehad het.

“Ons bemanningslede is op pad na die myn waar die myners glo vasgekeer is.”

Majija kon nie onmiddellik die naam van die myn bevestig nie.

Majija sê een persoon is dood nadat ‘n muur glo meegegee en op hom geval het. “’n 31-jarige man se liggaam is in ‘n ou myndorpie in Orkney gevind. Daar het rommel bo-op hom gelê.”

Volgens die Amerikaanse Geologiese Opname was die episentrum van die aardbewing sowat 6km oos van Orkney in Noordwes en het dit 5,3 op die momentmagnitudeskaal gemeet.

Lees ook:
Aardbewing ruk groot dele van SA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rienie ·

Myn se naam is Vaalreef myn en dis n groot skok vir suid afrika mag ons Here net genadig wees op almal daar amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.