Nog geen besluit oor Derby-Lewis se mediese parool

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Die departement van korrektiewe dienste het Woensdag gesê daar is nog nie ʼn besluit geneem oor Clive Derby-Lewis se aansoek om mediese parool nie, al het hy na verwagting slegs ses maande oor om te lewe.

Lawrence Ngobeni, woordvoerder vir die minister van justisie en korrektiewe dienste, het gesê daar is nie ʼn sperdatum vir dié besluit bepaal nie.

Die Citizen-koerant het Woensdag berig Derby-Lewis se regspan het die departement tot die einde van die week kans gegee om oor die aansoek te besluit, voordat hulle die saak in die hof gaan beveg.

Marius Coertze, Derby-Lewis se prokureur, het gesê dit is reeds ʼn maand sedert die jongste aansoek ingedien is. “As ons nie teen die einde van die week van die departement verneem nie, sal ons die hooggeregshof nader soos in die geval met Eugene de Kock,” het Coertze gesê. Coertze het gesê Derby-Lewis het na verwagting slegs ses maande oor om te lewe nadat hy met ʼn aggressiewe longkanker gediagnoseer is:

Derby-Lewis dien tronkstraf uit vir sy aandeel in die moord op Chris Hani, voormalige sekretaris-generaal van die SAKP. Hy het reeds meer as 20 jaar van sy vonnis uitgedien. Hy is vroeër vanjaar twee keer in die Kgosi Mampuru Sentraal-gevangenis deur ander gevangenes aangeval. – SAPA

Die klankinsetsels is deur GROOTfm 90.5 vervaardig. Luister gerus na GROOTfm by 90.5fm. Die radiostasie bedien die groter Pretoria metropool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Ek is kwaad, ek is ontsteld, ek is hartseer – 6 maande, net ses maande oor van sy lewe en hy word nie gegun om die laaste dae saam met tannie Gaye en sy geliefdes deur te bring nie !!!

Die ANC en SAKP wil hom nie vrylaat nie, want oom Clive weet hoekom Hani stilgemaak moes word !!!

Anne ·

Die Hani familie sit en wag dat CDL in die tronk doodgaan, dan sal hulle tevrede wees.

AmY ·

Hy sal nie parool kry nie. Hy is nie Zuma &Kie se maatjie nie. Hulle is bang hy praat. Daarom hou hulle hom daar. Dis laag en gemeen. Tipies van die regerende party.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.