Nóg ploftoestelle in PTA gevind

Die ploftoestelle wat in Hammanskraal opgespoor is. Foto: SAPD

Die ploftoestelle wat in Hammanskraal opgespoor is. Foto: SAPD

Skaars ʼn dag nadat 15 Tweede Wêreldoorlog-springstoftoestelle Maandag van ʼn skrootwerf in Pretoria-Wes verwyder is, het die polisie nog 39 toestelle in die stad opgespoor.

“Die polisie het Dinsdagoggend ʼn wenk ontvang dat daar springstoftoestelle in ʼn oop veld naby Hammanskraal gevind is,” het kapt. Tsekiso Mofokeng, ʼn polisiewoordvoerder, Woensdag aan Maroela Media gesê.

Beamptes van die polisie se bomeenheid was heeldag op die toneel om die toestelle te onskadelik te stel. “Al 39 toestelle is veilig gemaak en weggeneem vir verdere toetse om die oorsprong daarvan te bepaal,” het hy bygevoeg.

Die polisie is Dinsdag ook na ʼn perseel in Pretoria-Wes ontbied toe ʼn veiligheidswag nóg ploftoestelle in ʼn sak aangetref het. “ʼn Veiligheidswag wat by Hoërskool Pretoria-Wes werk, het drie mans met ʼn sak sien loop. Hy het onraad vermoed en hulle voorgekeer. Die mans het die sak laat val en gevlug,” het Mofokeng gesê.

Die polisie se bomeenheid het beslag gelê op twee projektiele en ʼn mortier. Die polisie ondersoek die oorsprong van die toestelle.

Mofokeng het egter gesê die toestelle kan nie verbind word aan dié wat Maandag by die skrootwerf in Pretoria-Wes gevind is nie.

Maroela Media het Maandag berig ʼn man by ʼn skrootwerf in Rebeccastraat is dood en nog een ernstig beseer toe hulle tussen 08:00 en 09:00 aan die antieke ploftoestel gewerk, en dit ontplof het. Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die ontploffing ʼn ongeluk was. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Dit is nog nie bekend hoe die toestelle by die skrootwerf beland het nie.

Mofokeng het ʼn beroep op die publiek gedoen wat die polisie met hul ondersoek kan bystaan om Crime Stop by 08600 10111 te skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

2Roedolf1 ·

Ai na amper sewentig jaar is daar maar min roes en aanpaksels op die mortiere en kleefmyne .Dink die SAPS en Media dat ons vergeet het wat teen ons gebruik was in Angola en in die “states”,al die items op die foto was op die rooi advertensies wat by skole en staats geboue op was om ons te waasku teen terroriste se wapens .se eerder dis n wapenopslag plek wat gevind is

Luke ·

aardig dat die soort antieke wapens nou skielik hulle opwagting maak, waar was dit tot nou en hoekom nou skielik orals opduik. Aardig ja aardig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.