Noodfonds vir Limpopo-vloedslagoffers

Vloede in Limpopo

Vloede in Limpopo

Solidariteit Helpende Hand het ’n noodfonds op die been gebring vir Limpopo-inwoners wat deur die onlangse vloede geraak is, met spesifieke fokus op die inwoners van Bela-Bela en Lephalale.

Massas water het Donderdag weer in Bela-Bela se strate afgestroom. Maroela Media het berig meer as 70 mense moes per helikopter uit die watermassa gered word. Reddingswerk deur die weermag, plaaslike polisie, munisipaliteit en die provinsiale rampbestuursentrum is steeds aan die gang. Inwoners van Bela-Bela het erge skade gely deurdat huishoudelike inhoud, besigheidsvoorraad en voertuie onder water is.

Gedurende die eerste tien dae in Maart het ongeveer 159 mm reën in Lephalale geval wat glo die swaarste reënval in die gebied in 14 jaar is. Meer as 700 huishoudings word deur die vloede geraak.

Die geld in Helpende Hand se noodfonds sal aangewend word vir noodverligting soos deur Helpende Hand geïdentifiseer.

Helpende Hand doen ’n beroep op die publiek om by te dra tot die noodfonds deur “RAMP” na 38969 te SMS en só R10 tot die fonds by te dra.

Skenkings kan ook in die volgende rekening inbetaal word:
Solidariteit Helpende Hand
FNB
Rekeningnommer: 62 331 445 503
Tjekrekening
Takkode: 250655
Verwysing: Noodfonds

Vir meer navrae oor die noodfonds, skakel gerus vir Marianthie van der Walt, Helpende Hand se streeksorganiseerder in Limpopo, by 082 741 7858.

Lees ook:
Foto’s en video: BelaBela (Warmbad) onder water
Vloede: 70 met helikopter gered
Video: Limpopo-pad gesluit
Tweede vloed tref Klein-Kariba-oord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.