OB dagvaar minister oor Motsoeneng

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela, openbare beskermer, het Faith Muthambi, minister van kommunikasie, gedagvaar om voor haar te verskyn as deel van haar ondersoek na die permanente aanstelling van Hlaudi Motsoeneng as bedryfshoof van die SAUK.

“Die openbare beskermer het verlede maand aan die minister geskryf en ‘n vergadering met haar versoek. Die minister het reageer en gesê aangesien die saak deel is van ‘n hofproses, sy nie met die openbare beskermer gaan vergader nie,” het Kgalalelo Masibi, Madonsela se woordvoerder, gesê.

“Die openbare beskermer het besluit om die minister te dagvaar om voor haar te verskyn aangesien pogings om met haar te vergader deur die minister geïgnoreer word.”

Madonsela het in Februarie onder meer bevind dat Motsoeneng se aanstelling onregmatig was, dat hy in een jaar ‘n salarisverhoging van R1,5 miljoen tot R2,4 miljoen gekry het en dat hy gelieg het oor sy kwalifikasies.

Sy het destyds ook beveel dat daar binne 90 dae ‘n nuwe bedryfshoof aangestel word.

Muthambi het verlede maand Motsoeneng se permanente aanstelling aangekondig. Madonsela het hierna aangekondig dat sy weer ‘n ondersoek na Motsoeneng gaan doen.

Die ondersoek sal bepaal watter proses gebruik is in die aanstelling, of hy die nodige kwalifikasies het vir die pos, of die pos geadverteer is en hoekom aanbevelings in Madonsela se vorige verslag oor Motsoeneng geïgnoreer is.

Lees ook:
‘Zuma nie betrokke by Motsoeneng-aanstelling nie’
OB gaan Motsoeneng-aanstelling ondersoek
Motsoeneng gaan minister vra oor lisensies vir joernaliste
‘OB-verslag hou nie verband met Motsoeneng-aanstelling’
SAUK se Motsoeneng permanent aangestel
Motsoeneng soek lisensies vir joernaliste
Joernaliste geskok oor vreemde mediakonferensie
Ondersoek ingestel na SAUK-hoof vrou as geskenk ontvang
SAUK-hoof kry vrou as geskenk
OB-verslag: ‘SAUK-hoof kry 63%-verhoging in een jaar’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.