“OG moet gekanselleerde fees ondersoek” – DA

Foto: Argief

Foto: Argief

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Sondag gesê die ouditeur-generaal moet ondersoek na die Tshwane-metropool instel oor die R65 miljoen wat bestee is op die gekanselleerde TribeOne-musiekfees.

“Hierdie is ʼn waglike wanbestuur van openbare fondse, veral aangesien sommige van die fondse wat reeds betaal is, nie terugbetaalbaar is nie,” het Kevin Mileham van die DA in ʼn verklaring gesê.

Die City Press het vroeër berig die Tshwane-metropool het onder meer R40 miljoen bestee aan infrastruktuur-opgradering by die terrein in Cullinan waar die fees sou plaasvind. Daar is verder ook ʼn nie-terugbetaalbare fooi van R10 miljoen aan die musikant Nicky Minaj betaal. Lees meer hier.

Volgens Mileham sal die ouditeur-generaal, Kimi Makwethu, genader word om die saak te ondersoek.

Hoewel die stad die organiseerders van die fees wil dwing om daarmee voort te gaan, is die organiseerders van mening dat die stad nie aan die infrastruktuur-vereistes voldoen nie.

Die feesorganiseerders en die stad sal Maandag in die hooggeregshof in Pretoria teen mekaar te staan kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Francois ·

Ag nee regtig! Dink julle hulle sal dit nou wil doen en nog ‘n spul korrupte amptenare ontbloot? Wonder net hoeveel van die miljoene het weereens in iemand se sake beland. Natuurlik al van die begin af geweet die muskiekfees gaan nie plaasvind nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.