Okosa beslis vandag oor DA-advertensie

Skermskoot uit die advertensie

Skermskoot uit die advertensie

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het Maandag aangedui hy gaan Maandag beslis oor ʼn klagte wat die Demokratiese Alliansie (DA) ingedien het nadat die SAUK hulle verkiesingsadvertensie onttrek het.

Paseka Maleka, ʼn woordvoerder van Okosa, het bevestig dat die beslissing voor die einde van die dag verwag kan word. Maleka het gesê die DA het die klag Saterdag ingedien, en die SAUK het Sondagaand daarop reageer.

Die uitsaaier het aan die DA gesê die advertensie is onttrek omdat dit glo geweld aanhits.

Mmusi Maimane, die DA se woordvoerder en premierskandidaat vir Gauteng, staan in die advertensie voor ʼn spieël en praat oor die huidige stand van die land. Klik hier om die advertensie te sien.

Die SAUK se waarnemende hoof uitvoerende beampte, Tian Olivier, het in ʼn brief aan die DA bevestig dat hy nie meer die advertensie op die televisie of oor die radio gaan uitsaai nie. Die SAUK het aan die DA gesê die party kan ʼn gewysigde weergawe indien. – SAPA

Lees ook:
SAUK-base bang om hul werk te verloor, sê DA
DA mag gewysigde advertensie indien
SAUK onttrek DA se TV-advertensie
DA kap ANC met nuwe advertensie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.