Olievenhoutbosch-inwoners betoog

Foto: @MetsingMogale / Twitter

Foto: @MetsingMogale / Twitter

Die R55-afrit op die Krugersdorp-snelweg in Gauteng is Dinsdag vir verkeer gesluit nadat betogers van Olievenhoutbosch, suid van Pretoria, die pad met brandende bande en klippe versper het.

Snr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het motoriste versoek om die gebied  te vermy en gesê betogers bestook verbygaande voertuie met klippe.

“Die polisie is op die toneel om die skare te beheer,” het Mahamaba aan Maroela Media gesê.

EWN berig die betoging handel oor behuising.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Waar kry hulle al die bande en klippe om mee vuur te stook en te gooi ? Kom dit van die sinkdakke af ?

Gerhard Kuhn ·

Lede van die publiek het vroeg oggend aan die GPF rapporteer dat daar mense met EFF hemde aan hulle karre op die brug staan gemaak…twee ure later het die klippe gevlieg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.