Ollie Viljoen oorlede

Lees ook:
‘Hoop daar is trekklaviere in die hemel’

Ollie Viljoen. Foto: Facebook

Ollie Viljoen. Foto: Facebook

Die bekroonde musikant Ollie Viljoen is Sondagoggend in die ouderdom van 76 oorlede.

Viljoen se dogter, Enel, het Sondagaand die nuus aan Maroela Media bevestig. Enel sê haar pa het Sondagoggend in sy slaap heengegaan nadat hy verlede week weer in die hospitaal opgeneem is.

Enel sê haar pa is vroeër die week in die Mediclinic Panorama in Kaapstad geopereer weens ernstige probleme met sy bloedsomloop.

Viljoen was einde Julie ook in die hospitaal opgeneem en is op 1 Augustus ontslaan nadat hy onder meer behandeling vir hartversaking ontvang het.

Enel sê haar broer was by hulle pa toe hy gesterf het. “Sy humorsin en warm geaardheid sal ons altyd bybly. Hy was ‘n man van vele talente gewees. My pa was ‘n entertainer gewees. Van musiek tot televisieprogramme, radioprogramme en storievertel. Hy het selfs ‘n boek geskryf.”

Viljoen het in 2007 van Gauteng na die Wes-Kaap verhuis vir sy aftrede. Hy het hom steeds besig gehou met CD-opnames, toere, produksies en solovertonings dwarsoor die land. Viljoen het in Gordonsbaai gewoon.

Huldeblyke stroom intussen in vir die bekroonde trekklavierspeler.

Lees ook:
Goeie nuus: Ollie Viljoen uit hospitaal ontslaan
Gebede vir sieklike Ollie Viljoen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Delia ·

Watter treurige tyding! Ons gaan hom mis Saterdae op RSG..
Innige simpatie en medelye met die familie. RIV Ollie….

Fanie de Jager ·

Ai Olla, onthou jy nog? ‘n Jaar of wat gelede een oggend sit jy en ek, Enel en Erina hier in ons kombuis en skerts oor wat ek eendag op jou begrafnis moet sing. Op ‘n stadium slaan jy jou hande op de tafelblad en bars uit van die lag “….besef julle ons is besig om my begrafnis te bespreek?”. Jy vra toe of ek ‘Danny Boy’ vir Enel sal sing. Terwyl ek sing stroom die jou trane oor jou wang. Dit was ‘n ongelooflike kompliment vir my Olla, baie dankie!! Rus in vrede ou maat, jy verdien dit oor en oor. Sien jou weer.

quentin cunningham ·

Boeremusiek sal nooit weer dieselfde wees,sonder oom Ollie….
Ons sal jou mis…RUS IN VREDE

erika ·

RIV oom Ollie. n Absolute legende. N groot verlies vir ons land en musiekbedryf. Ons dink aan sy familie en vriende veral mense soos Valiant Swart wat baie naby hom was.

Jolandy Bruce ·

Oom Ollie was altyd vir ons n bron van wonderlike Boeremusiek in die huis. Rus sag Oom Ollie en sterkte vir sy familie en vriende wat altyd die mooi sal onthou en mekaar moet bystaan

elmare ·

RIP Oom Ollie het n goeie mens verloor baie sterkte aan sy familie en vriende …sal hom altyd onthou vir sy boere musiek en het altyd n grappie of wat ……

Stephanus du Toit ·

Ek het oom Ollie baie raakgeloop, want ek woon in Gordonsbaai. Saterdag middae was my radio altyd op vastrap. Verseker gaan ons hom mis, maar ek glo hy is al weer op ‘n baie beter plek. Sterkte aan die familie wat agterbly.

Bebsie Cronje ·

RIV Oom Ollie. Boeremusiek sal net nooit weer dieselfde wees nie. Sterkte aan Oom Ollie se familie. Dit voel nie vandag so nie, maar die seer word minder en draagliker met tyd. Mag God se helende hande jul trane afdroog.

Louis Botha ·

Rus sag ou Ollie. Dankie vir al die jare se groot plesier wat jy aan ons mense verskaf het. Jy was en van ons groot Seders. ! Suid Afrika sal jou baie mis. Ons diepste meegevoel aan sy familie en al sy kollegas en vriende die wereld oor .

Elsonia ·

Oom Ollie wat n voorreg om Oom te kon ontmoet Desembermaand op Langebaan by die Stoepstories by Flamingoes. Ja Saterdae sonder Oom se stem saam die boeremusiek gaan ni lekker wees ni maar dis goed dat Oom nou kan rus. Groete en vrede vir die familie en vriende van Oom Ollie Viljoen. Tot weer siens

Magda ·

DANKIE OOM VIR AL DIE WONDERLIKE MUSIEK. RUS Saggies Oom Sal oom weer by ons Vader sien.

Helene ·

Nou gaan daar darem lekker dinge in die hemel uitbroei tussen Ollie en Tolla en nog ‘n paar v hul vermaaklikheidsmaats. Dit was goeie jare!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.