“Om saam met Zuma te loop, is soos om saam met God te loop”

John Block Foto: TimesLive

John Block Foto: TimesLive

John Block, voorsitter van die ANC in die Noord-Kaap, het gesê om saam met pres. Jacob Zuma te loop is soos om saam met God te loop, het The Star Donderdag berig.

“Zuma, jy is die enigste kandidaat wat ons vir die verkiesing het,” het Block gesê. “Ons praat reeds oor die toekoms [ná 7 Mei], aangesien ons nie hierdie pad alleen stap nie, sihamba nomfundisi [ons loop saam met ʼn priester].

“Xa uhamba nomfundisi kufana nokuthi uhamba noThixo [wanneer mens saam met ʼn priester loop, is dit of jy saam met God loop].”

Block het Woensdag dié uitlatings by die Jim Summersaal in Kimberley gemaak toe Zuma ʼn besoek daar afgelê het. Zuma het gesê ʼn toekoms sonder die ANC is ondenkbaar. “Sonder die ANC weet ek nie waar Suid-Afrika sal wees nie,” het hy gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Jasper ·

John Block. Ek verag jou en maak ernstig beswaar.. Jy dryf die spot met die Allerheiligste, die Skepper van Hemel en Aarde wat sal kom om te oordeel. . . . . . . . . . . .

Ria Maritz ·

Jasper, ek voeg my stem by JOUNE ! Ek stem, NIEMAND dryf die spot met my God nie.

EK DOEN ‘N BEROEP OP ELKEEN WAT HIER LEES, OM SHANNON SE KOMMENTAAR TE RAPPORTEER !

Maroela, waarom word Shannon se Godslasterlike kommentaar hier toegelaat ? Die persoon het wel reg om kommentaar te lewer – maar ek WEIER om te aanvaar dat ‘n gespot met die ALLERHOOGSTE mee gespot word – DIS ONAANVAARBAAR vir elke Christen !

Ria Maritz ·

Dankie Dolk – ek verstaan egter nie WAAROM dit steeds nie verwyder is nie !

Dolk ·

Ek vertrou dis slegs omdat die forums-moderator dit nog nie opgetel het nie…

Gert ·

Die sogenaamde sensors van die kommentaar wat ons gee le spoedig die sker in indien ‘n vloekwoordjie gebruik word of wanneer iemand kamtig beledig word. Waarom is Shannon se anti-Christelike gemors nog nie afgehaal of gesensor nie? ‘n Mens mag nie beswadder word nie maar ons Allerhoogste word afgemaak as iemand wat nie bestaan nie! ‘n Skande Maroela Media en julle sogenaamde sensors. Ek is bitter diep teleurgesteld.

Rudi ·

Hy het die reg op vryheid van spraak dus gaan dit heel moontlik daar bly, maar ja, dit maak my moeg hoe voorspelbaar die internetatheiste geraak het. Seker weer een van daai ouens wat Dawkins se boekie gelees het en nou voel hy vreeslik slim en moet almal van hulle geloof in God gaan verlos. ‘n Sendeling vir niks.

Dis asof hierdie mense dink atheisme is iets nuuts … klink my hulle het nog nooit Psalm 53 gelees nie.

Dolk ·

Shannon, duidelik is jy of besope of op een of ander medikasie wat jou hallusinasies gee… Selfs malema maak meer sin as die snert wat jy kwytraak.

Nou maak jy asof jy iets van die heelal weet?! Google is duidelik jou vriend. Wat weet jy van die Skepping af? LOL!

Sterkte.

Carel ·

Hoe sal die John Block weet hoe dit is om saam met God te loop? Ek weet nie wie hy is of wat se werk hy doen nie – ry hy n trekker, werk hy in n tuin of ry hy dalk n taxi? – ek weet nie maar God gee aan die armes en neem nie van die aremes nie, en hy maak nie skatte op die aarde bymekaar nie (Nkandla gebou met arm mense se belasting geld).

As iemand sulke stelings maak is hy nie baie ingelig nie.

Meneer weet jy wat n Bybel is? Weet jy wie God is? God is nie net nog n korupte staats amptenaar nie.

Anne ·

Ek is voorwaar spraakloos…. Hoe raak enige iemand so iets kwyt, hy dryf beslis die spot, die Here laat nie met hom spot nie

Dolk ·

Dwase en sotte sal sulke goed kwyt raak – en dit dan nog verkondig ook!

Jenny de Beer ·

Vrees die Here jou God, God maak nie ‘n bespotting van Homself nie. John Block, jy ken voorwaar nie my Here, my God nie. Ek sal eerder op my knieë gaan en bekeer van hierdie woorde wat jy gespreek het as ek jy is.

J BLOM ·

Ek maak ten sterkte beswaar hy praat GODSLASTERLIK.Hy en die ANC het nie ‘n idee hoe GROOT ONS GOD is nie.Enige ou NP ondersteuners wat nog vir die ANC stem steun dan ook die GODSLASTERLIKE UITSSPRAKE.
Die ene mr Block moet sy uirsprake terug trek.Wie dink hy is hy om met ons GOD te spot.

Leon ·

Die satan het hom ook gelyk aan God probeer stel, en het toe in die hel geeindig. Hoe nou?

AmY ·

Mnr Block, as Zuma van ‘n krans afspring, gaan jy dit ook doen? Jy wil dan so graag saam met hom ‘wandel’. Baie sterkte. Ek hoop julle wandel lekker saam. Wandel maar waar hy wandel.

alet ·

John blok by om Hemelse Vader is niks onmoontlik pasop net dat daar nie n erger plaag as MIV. Uit breek nie en een ding moet die sous trein gespys weet hierdie land behoort nie aan hulle nie Ons Vader wat ons ken het dit Geskep vir almaal en nie net vir sekere mense nie pasop jou dag gaan kom gaan aan

Grassie ·

Ek dink nie Block, Zuma & kie verstaan mooi aan wie hulle besig is om te torring nie. Ek het dit in die verlede gesê en ek sê dit weer – die meule van die Skepper draai stadig maar dit draai seker. Een of ander tyd gaan hul ydelheid hul duur te staan kom.
Nog `n ding – Maroela is baie streng op die inhoud van kommentare. Ek het al agtergekom dat jy woorde mooi moet kies anders haal hulle dit af. Tog word die kommentator Sharon toegelaat om dikwels Godslasterlike kommentaar te lewer, soos by hierdie berig, wat aan gelowiges aanstoot gee. Is dit billik? Het sy/hy een of ander invloed by Maroela?

Peter Says ·

Ons dien n lankmoedige God, gee tyd, op Sy tyd sal gebeur wat moet gebeur.

Eben ·

john block jy en jou korrupte regering en vuilgoed van n anc weet nie waarmee julle speel. Jy is die laaste vuilgoed wat kan praat van onse God. Wie de f@k is jy om so te praat. Die anc bly spot met God maar glo my as julle ooit spot met moslem dan was julle opgeblaas. Dis jammer dat ons as slapgat Christine (myself ingesluit) nie kan oor gaan in aksie en vee mense soos john block uit die gemeenskap.

Hoekom word Sharon nie afgehaal. Ek stem saam Grassie mens moet so mooi jou woorde hier tel anders word jou kommetaar verwyder. Komaan Sune doen iets jy kan mos maklik onse kommetaar verwyder spoedig maar Sharon s’n staan!

Neil ·

“Sonder die ANC weet ek nie waar Suid-Afrika sal wees nie,” Ek weet, heel waarskynlik nie bankrot nie! En nie eers om te praat van regtellende aksie nie. Wat Zuma aanbetref wat vergelyk word met n god, ek loop dan eerder alleen in die donker dankie.

Susan Lombaard ·

Die kommentaar waaroor beswaar aangeteken is, is verwyder. Dis in stryd met Maroela Media se Christelike karakter en Bybelse fundering. Ons vra om verskoning vir die aanstoot wat daardeur veroorsaak is en dat dit ‘n tydjie geneem het voor dit verwyder kon word. (Susan Lombaard – Bestuurder: Maroela Media)

Ria Maritz ·

Aandag : Susan Lombaard

Baie dankie vir die verwydering daarvan, dit word opreg waardeer. Dit is egter NIE die eerste keer wat ek ene SHANNON se lasterlike kommentaar rapporteer nie, en ek sal dit AANHOU rapporteer, sou die persoon dit weer doen.

Martie ·

Duidelik is hierdie oningeligte mense wat nie ‘n begrip het van hoe Almagtig ons God werklik is nie. Die aarde se tyd is tans in die toon naels van die beeld wat koning Nebukadneser van gedroom het wat in die Bybel in die boek Daniel en Openbaring vertel word – julle wat dink julle het alles nou, geniet dit maar want so was dit ook in die tyd van Noag – mense het alles wat mooi, goed, eerbaar, liefdevol en reg was verkrag, moord, verkragting, wellus en selfverheerliking was aan die orde van die dag. Mense het gespot met Noag toe hy die Ark gebou het. Wees maar gewaarsku julle wat sulke Godslasterlike dinge kwytraak! God laat niemand met Hom die spot dryf of vergelyk word met enige aardse stof (mens). Weet jul wat julself so groot aanmatig wat die Bybel beteken – ” Basic Instructions Before Leaving Earth” ! Mens kan net bid en vra die Here jul maar vergewe want julle weet nie wat julle doen nie!!!

Marnie Carelzen ·

John Block jy het GEEN idee waarvan jy praat nie. My GOD laat nie met Hom spot nie! Hy sal jou en jou sg priester zuma nie ongestraf laat bly nie. Hy gaan julle slaan waar dit seermaak. Glo my, dit kom.

john steyn ·

Die god wat hulle van praat is beslis nie die GOD wat ek aanbid nie. My GOD is die GOD van Israel soos die Bybel dit uitspel. As hy saam met sy god loop is dit julle god en hy is seker so korrup soos die regering. Julle moet oohou om ons GOD te verkleineer. Mugabe het dit gedoen en sy land is gedoem

Leon botha ·

Jou priester is die fals profeet waarteen die Woord ons waarsku. Good luck in hell.

Kojak ·

Die geskrewe Woord is baie duidelike en gaan ek gevolglik nie verder daarop uitbrei nie nl:
“Don’t answer a fool in terms of his folly,
or you will be descending to his level;
but answer a fool as his folly deserves,
so that he won’t think he is wise” (Proverbs 26: 4-5)

Pieter Zepper ·

!…….Zuma en sy hele ANC gevolg is van die bose, skelm, korup geen erger woord om hulle te beskryf nie.

Gerrit Massyn ·

Toemaar mense die spulletjie se tyd raak min, ek wil nie in hulle skoene wees as hulle voor Hemelse Regter staan en verslag moet doen van elke word wat hulle gespreek het nie, in elk geval sal ek ook nooit met hulle prober redeneer nie, want as jy nie in die Bybel in geheel glo nie, sal ek nie eers die moeite doen om met jou te redekawel nie, n mens moet darem ook nie jou perels voor die varke se voete gooi nie.Ek troos my daaraan dat ons Heer hulle wat nie wou glo en Sy bloed vertrap het, self gaan straf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.