Onnie wat spoorloos verdwyn dood gevind

Jayde en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde Panayiotou (28), die onderwyseres van Port Elizabeth wat Dinsdagoggend spoorloos verdwyn het, se liggaam is gevind.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Panayiotou se liggaam is omstreeks 10:00 Woensdagoggend in ‘n “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind.

Volgens Janse van Rensburg is Panayiotou se liggaam gevind nadat polisiebeamptes in ʼn helikopter ʼn “voorwerp” vanuit die lug gesien het. “Die nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal en die polisie sal voortgaan met sy soektog na haar ontvoerders en moordenaars.”

Panayiotou het Dinsdagoggend omstreeks 06:30 buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park gestaan en wag vir haar vriendin om haar op te laai vir werk. Sy het egter verdwyn voordat haar vriendin opgedaag het.

Volgens Toni Inggs, Panayiotou se suster, het Jayde en die vriendin op WhatsApp gesels en die vriendin het laat weet sy is amper daar. Jayde het egter nooit die laaste boodskap gelees nie waarna die vriendin haar probeer bel het en agtergekom het haar foon was af. Daar is later geld uit Jayde se bankrekening onttrek in Kwanobuhle.

Panayiotou was ʼn onderwyseres by die Riebeek College Girls’ High School in Uitenhage.

“Al wat ek kan doen is om te hoop en te bid dat my suster vandag ongedeerd by die huis sal aankom. Daar is absoluut geen woorde om te beskryf hoe ons voel om elke oomblik, elke sekonde te wag vir nuus oor my pragtige suster nie. My suster is die laaste persoon in die wêreld wat verdien om deur so iets te gaan. Ons moet haar veilig huis toe bring,” het Inggs vroeër Woensdagoggend gesê.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

faith ·

Ai dit is baie slegte nuus. sterkte aan die familie veral die sussie wat so na haar gesoek het. hoop die skuldige word gou vasgetrek

nicky ·

RIP Jayde my condolences to the family such a sad week this has been in SA so many children and woman deaths, if I had one wish I would ask that the Death penalty be bought back in SA then they know they wont be able to just take someone’s life.

Elize ·

Sterkte aan die familie! Al wat ek hoop is dat die moordenaar/s gou opgespoor sal word, en nie borgtog sal kry nie.

bekkie ·

Dit wys net hoe n mens dopgehou word. N Mens weet nooit wanneer dit jou beurt is om n slagoffer te wees nie of wanneer dit jou finale dag is nie. My gebede aan die geliefdes. So tragies.

Henriette ·

Oh NO!!!!!! wonder waar is haar man…niks van hom nie…die Sussie het saak aangemeld …

KAG ·

Siek, ontstellend en so onnodig….. En so word ons mense dag na dag aangeval, vermoor en verkrag… Wanneer sal dit ophou? En die res van die wereld is doodstil……

Ansie ·

Aan die familie jammer vir jul verlies. Dit is nie lekker om sulke nuus te kry nie. Wonder oor die man?????

Tony ·

Daar is geen respek meer vir n lewe nie, ongeag kleur. Ons moet begin pleit vir die doodstraf. Hulle word gevang, gevonnis en in die tronke gegooi. Die tronke is oorvol en na drie jaar loop die moordenaars weer vry op straat.

Chantelle ·

Stem saam Henriette waar is die man. Baie jammer aan suster en familie mag julle deur moeilike tyd gedra word.

CINDY ·

Ai dis verskriklik hartseer, Hoekom moes hulle haar dood maak? Rus in vrede Jayde en my gebede aan al haar familie en vriende..

Marie de Klerk ·

By die ATM masjien is foto geneem deur sekuriteits kamera van swart man wat geld trek uit haar kaart. R1700.00. Ek is so so jammer vir die aaklige gebeurtenis. BLOEMING VREKSELS.

Theresa ·

Hier sit ek met stomheid en algeheel verslae. Hoe verskriklik. Was dit nou nodig om haar dood te maak? Julle gemors het haar geld gekry. Watter angs en vrees moes sy nie beleef het nie. So pragtige mens en haar lewe is verby. Hulle soek net jou kar om ‘n ent mee te ry of jou geld en skiet jou summier daar vir niks. Dieselfde met die arme swanger vrou wat gehijack is en saam met haar kinders uit die kar gegooi, maar sy moes boet met haar lewe en ongebore baba. Ry net ‘n ent met die kar en los dit verlate. Ek weet wragtig nie meer wat kan ‘n mens doen nie. Dis net die doodstraf wat miskien ‘n duik in die siek problem sal maak maar hierdie spul sal dit nooit instel nie want te veel van hulle is betrokke by hierdie gemaklike siek wyse iets in die hande te probeer kry.

SNEL ·

So jammer om die nuus te lees!!!!! Baie sterkte vir haar man, familie en vriende.

Nina ·

Innige simpatie aan almal wat deur hierdie vreeslike verlies geraak word!

Aan almal wat wonder oor die man; Het enige een daaraan gedink dat hy dalk te geskok is om met die koerante te praat?

Peet Schabort ·

Ek stem saam met jou Nina. Dis ook ‘n privaat aangeleentheid wat niks met ons te doene het. Daar is ook onlangs berigte waar daar kinders is en die paartjies nie getroud is. Vir my ook verkeerd maar snaaks genoeg word daar nie hieroor vrae gevra.

Willie ·

Ag wat kan n mens se?Moord!Moord!Moord!Wat se soort vryheid is dit President Zuma.In Suid Afrika word meer mense vermoor as in Irak.Mense lewe in uiterse armoede.Volgens worldbank by dra wat elke persoon bydra waarde toevoeg tot die ekonomie, is n skandelike 4500$x 12=R54000 per jaar dit betaal skaars hulle lone .ontwikkelde lande
R60000& +-= R650000.
begin om geleentheid vir mense te skep, die koek het te klein geword.Inwoners het verdubbel die afgelope tyd van 2o jaar van 25000000 na 50000000 miljoen vermeerder!!!!!

Annerie ·

Uiters hartseer geval, my hart gaan uit aan die familie. Ek het so gehoop sy sal okay wees. My voorstel aan die familie, gebruik die R150 000 reward om haar moordenaar te vind…

Estie ·

Is ‘n lewe regtig daardie R1700 werd gewees…. Kon hulle haar nie maar net iewers afgelaai het en weg gery het nie…. Maar nee, daar moet mos nou gemoor word….
Siek siek siek….. Sterkte aan die familie en vriende… Dit was glad nie die uiteinde wat mens voor gehoop het nie….

Pieter Els ·

Mense ons kan praat en skryf soveel as wat ons wil, maar hierdie land het sy chips gehad en ons is nie meer veiling hier nie. Hier gaan geen doodstraf of NIKS van daai aard terugkom nie, en vergeet van enige “polisie” ons is op saam met God maar ons gaan self met God se hulp ONS land moet terugvat.

Deon kotzee ·

Innige simpatie met die verlies. Hoop die skuldiges word gevang en kry hulle dag in die hof. Die regering het in die huidige omstandighede ni n ander keuse as om die doodstraf terug te bring nie.

cp ·

Ja. indien die polisie gelukkig sou wees om die moorderaar(-s) te vang, is daar net een gepaste straf. Die doodstraf.Myns insiens moes daar ook verskillende soorte doodstraf wees na gelang van die wreedheid van die daad (moord) Bv. ‘n lang, uitgerekte stadige foltering wat die uiteindelike dood tot gevolg het en dan die gewone een waar die skuldige gehang word. Maar ons regering sal nooit die doodstraf terugbring nie, want dis juis hulle mense wat uitgedun sal word daardeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.