Oomblik van stilte vir Mandela

Nelson Mandela

Nelson Mandela

Oudpresident Nelson Mandela is vandag ʼn jaar gelede in die ouderdom van 95 oorlede.

Cyril Ramaphosa, waarnemende president, gaan Vrydag die spreker by die amptelike herdenking by Freedom Park in Pretoria wees. Dit sal deur ʼn tradisionele reinigingseremonie voorafgegaan word, en ʼn kranslegging sal voor die standbeeld van Mandela by die Uniegebou plaasvind.

Ramaphosa het namens president Jacob Zuma en die Nelson Mandela-stigting ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners, insluitend kerke, moskees, tempels, fabrieke, skole en motoriste gedoen om drie minute en sewe sekondes voor 10:00 ʼn groot lawaai te maak. Dié aksie het ten doel om die land tot aandag te roep waarna daar om 10:00 ʼn oomblik van stilte gehou sal word tot 10:03. Die oomblik van stilte word gevolg deur die sing van die volkslied.

Ramaphosa het Suid-Afrikaners ook aangemoedig om van sosiale media gebruik te maak om Mandela se nalatenskap te vier. “Laat ons almal Nelson Mandela se nalatenskap lewendig hou deur sy lewe en waardes in elke aspek van ons eie lewens uit te leef. Alle Suid-Afrikaners word aangemoedig om hul rol te speel om ʼn beter Suid-Afrika, ʼn beter Afrika en beter wêreld te bou,” het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Rudolf Peens ·

Dr.Verwoerd het, as redakteur van die Transvaler, die besoek van die koningshuis ignoreer. Moedig Maroela ons aan om deel te neem aan die huldiging?

Pedrie ·

Google “Mandela sings kill the boer”. Nottendem gaan ek ‘n oomblik van stilte doen nie.

Anon ·

Almal maak nogsteeds n bohaai oor hom. Hy mag dalk baie mense se god wees, maar beslis nie myne nie. My enigste stilte wat ek sal he, is wanneer ek my stilte tyd vir my God sal he. Wens mense wil hulle geskiedenis gaan leer. Want duidelik mis baie mense eintlik die ware storie oor mandela. Gelukkig het ons ander nie oog klappe op nie. (Maroela hopelik plaas julle my kommentaar, want dis nou al die hoeveelste een by ander berigte wat uit gehaal word en daar regtig niks snaaks in staan nie, wonder wat het geword van vryheid van spraak?)

pedrie ·

Presies…ons is beslis nie beter af nie – ons word uitgemoor – plaasaanvalle, , roof, kapings,

Ek dink statistiek sal bewys dat daar meer mense a.g.v. bogenoemde insidente in SA dood is sedert ons ‘bevryding’ as wat daar in 9/11 aanval dood is.

Hanno Visagie ·

Hulle wat die waarheid van God vir die leuen verruil het en geskape wesens (bv Mandela) aanbid en gedien het in plaas van die Skepper, wat tot in ewigheid lofwaardig is. Amen. (Romeine 1:25)

Bielie van die Bosveld ·

My oomblik van stilte sal ek wy aan my troeteldier wat dood is. Wie is mandela?

Ag Aarde ·

Siek! Dit moet God so hartseer maak – absolute mense-aanbidding! Stem saam met al die ander kommentaar tot dusver.

Thys Human ·

Mandela was ‘n terroris! Enigeen wat hom of sy lewe herdenk steun terreur!

AvraD ·

Hy sal ook nooit tot rus kom nie, want hy sal gebruik en misbruik word tot die kalwers huistoe kom. Hy was maar ook net ‘n mens.

Van stof is jy gemaak, tot stof sal jy terugkeer

scalla ·

dis nou 10h00, ek gaan iets vat, die boeiing is oor, wie was daai terroris nou weer?

Bertus ·

Mens sal seker nooit weet tot watter mate Mandela opreg was en of hy maar net slinks en manipulerend was met veral sy toenadering tot Afrikaners nie. Hoe dit ook al sy, hy het ongetwyfeld op sommige gebiede ‘n reusagtige en positiewe bydrae gelewer en daarom sal ek ‘n oomblik van stilte vir hom vandag hou.

Jan ·

Nee wat, my besigheid het baie stiller geword vandat hy president geword het, kan nie nog ‘n paar stil minute bekostig nie !!!!!!!!!

Dirk Kruger ·

Baie dae is dit moeilik om positief te bly in die land waar alles tot in die grond (wan) bestuur is. Maar as ek na die kommetaar kyk kry ek weer moed, die feit dat daar nog Boere is wat nie die idool god aan bid nie, maar steeds vas nou aan ons Skepper, ons enigste Redder

Louis Gildenhuys ·

Wat van Dr Verwoerd, Mnr Blackie Swart ,Eugene Tereblanch ens. Wie is hy Mandela Nou Weer, al wat ek onthou van hom is die bomme en tereur wat hy veroorsaak het wat van al daardie hartseer mense kom ons dink aan hulle

Kaspaas ·

Dit is net die JA stemmers wat hom mis. ‘n “god” wat homself nie eers kon red nie.

marius louw ·

Te danke aan Madiba kan ons internasionale sport kyk en word niemand gedwing om volkspele te doen nie VIVA!!!

anne ·

Dis pateties hoe mense hom verafgod, hy was ‘n terroris wat deel gehad het aan die dood van
onskuldige mense. Was beslis die vyand van my volk

Stephanie ·

Ons kon nie anders as n oomblik van stilte en absolute donkerte he nie……..

Trippie ·

Agge nee wat . Ons kan nie kla nie. Ons het nou sport. Dit is mos al wat saak maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.