Oos-Kaap-vliegtuigongeluk: Pa en seun ernstig beseer

'n Mikrovliegtuig vlieg oor die Victoria-valle op die Zimbabwe/Zambië-grens

‘n Mikrovliegtuig vlieg oor die Victoria-valle op die Zimbabwe/Zambië-grens

ʼn Pa en sy seun is Saterdag ernstig beseer nadat hul ligte vliegtuig ongeveer 10 km buite Alicedale in die Oos-Kaap neergestort het.

“Die vliegtuig het in ʼn veld, ongeveer 90 km van Port Elizabeth, neergestort,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

Al twee mans is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die burgerlike lugvaartowerheid sal die ongeluk ondersoek.

Intussen berig die PE Herald die pa en seun het in ‘n mikrovliegtuig gevlieg.

Dit is die derde vliegtuigongeluk in twee dae. ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat sy vliegtuig Vrydag in Witsand in die Wes-Kaap neergestort het. Klik hier om meer te lees. Twee mans is Saterdag beseer toe hul vliegtuig in Springs in Gauteng neergestort het. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.