Organiseerder vir Namaquafees gesoek

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Daar is nog steeds geen duidelikheid of die Namaquafees teen die einde van Oktober in Vredendal in die Wes-Kaap gaan plaasvind nie.

Maroela Media het Vrydag berig kunstenaars het ʼn e-pos van Events24 ontvang waarin die ooreenkomste vir hul optrede by die fees gekanselleer word.

Elizna Mouton, skakelbeampte van die Matzikama-munisipaliteit, het Saterdag in ʼn verklaring bevestig Louis le Grange, eienaar van Events 24, het as organiseerder van die fees onttrek. “Die munisipaliteit beskik oor geen kapasiteit om die reëlings van die fees oor te neem nie,” het Mouton gesê. Volgens haar is ʼn vergadering met alle belanghebbendes, onder andere persone van die plaaslike besigheidsgemeenskap, vir Maandag geskeduleer om te bepaal of daar moontlik ʼn nuwe organiseerder beskikbaar is. “Indien niemand anders bereid is om die verantwoordelikheid oor te neem nie, sal daar nie ʼn fees kan wees nie.”

Le Grange het glo as organiseerder onttrek nadat die munisipaliteit vroeër ʼn versoek aan die maatskappy gerig het dat Steve Hofmeyr nie aan die fees sal deelneem nie. Mouton het egter ontken dat die munisipaliteit direk of indirek by Le Grange se besluit betrokke was. Sy het gesê Le Grange is ook na die munisipaliteit se vergadering toe genooi, maar hy het laat weet dat hy nie beskikbaar is nie.

Intussen berig Ons Kontrei dat Huisgenoot en Namaqua Wines glo onttrek het as borge vir die fees. “Sonder dié twee groot name was die fees se voortbestaan reeds in gedrang,” het Tossie Beukes gesê.

Mouton het ook in haar verklaring bevestig dat die hoofborge onttrek het. “Dit is te verstane waarom die fees afgeskaal is,” het sy gesê. “Die fees het die afgelope drie jaar ongeveer 3 000 mense per jaar vermaak en ʼn maksimum van 3 000 kaartjies sou hierdie jaar, volgens mnr. Le Grange, beskikbaar gestel word vir feesgangers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

HEVW ·

Kleinlik!!!!! Om die minste daarvan te se, Wat het van ons twee mooie dames geword wat hul gesigte swart (Mag ek die kleur se naam gebruik)? ingekleur het? Dit wil voorkom of die hele saak afgeblaas is.

Schalk Walters ·

Ons gaan omtrend elke jaar na die fees toe en die dorp kry n lekker finansiele inspuiting van ons kant af. Ek en my vrou het egter besluit om hierdie jaar dit n ” skip” te gee a.g.v. die afgewaterde kunstenaars. Indien Steve egter kon optree, sou ons beslis daar gewees het ( en duisende ander) Jammer dat n Munisipale werker nou alles moes gaan staan en verongeluk het. Jammer Vredendal……..ons sou julle graag wou ondersteun.

Saamprater ·

Is daar redes gegee vur die afskaling/onttrekking van Huisgenoot en die wynkelder?
Indien dit oor Steve was weet ons hie die wind waai, indien nie, wel, kan iemand ons asb inlig
As die besighede wat deur wit geld onderhou word nou skielik hul neuse vir wit geld optrek moet ons weet.
Ons as blankes is siek en sat daarvan om soos n kanker-pasient behandel te word, en dis tyd vir die “streep in die sand” vir Afrikaners

Kay-Lee ·

Steve sal hom nie laat voorpraat nie. Jammer aan die Vredendallers, dis nie net ‘n verlies vir julle nie, maar vir elkeen wat graag daar teenwoordig wou wees.

Chris van Rensburg ·

Ek wonder ook oor Huisgenoot se onttrekking.Die vorige Redakteur Esmarie of Elmarie Weideman vir wie Steve met die koue tee gegooi het, het seker haar invloed gebruik (Soos sy nog steeds gebruik by news 24 ) om Steve te wys wie is Baas.

Gert H meyer ·

Jammer dat een arme amptenaar van nerens af selfs sy eie mense verontrief.Ek skaam my as ek so iets moet se en dit nog in afr.Kom ons stuig uit bo sulke xxxaxxxxx.en word groot.

Gideon Erasmus ·

Ek dink dit is tyd dat ons Afrikaners begin om nie meer die Huisgenoot te koop, en Namaqua wines kan maar kyk wie koop daai suur spul.

K Voigt ·

Gideon, Namaqua het lank voor die Steve-storie onttrek. Namaqua het niks hiermee te doen nie, moenie hulle naam sleg maak nie, Hulle doen net goed deur baie werk aan Vredendallers te verskaf en boere te ondersteun met hulle produk. Hulle verdien nie die “suur druiwe” kommentaar van jou af nie.

ai toggie ·

Hoekom sou huisgenoot kwaad wees vir Steve? Hy is dan die week weer op hul voorblad?

"Huh!" ·

O, Maroela is soos die ander “koerante”. As hulle nie van jou kommentaar hou nie, dan word dit verwyder. Dan sê julle julle hou van debat? Hoekom die waarheid verwyder? Alles wat ek gesê het het met die saak te doen.

Sollie ·

@Huh – dis die manier wat jy dinge stel – jy is baie KRAS! Dis ook geensins te sê jy is REG nie!

"Huh!" ·

As reguit “kras” is, sal ek wil weet wat verkeerd daarmee is. Ek verkies om nie skeinheilig te wees nie.

stellenbosser ·

Raak ontslae van die rassis wat plesier van ‘n klomp feesgangers ontneem. Die fees is ‘n groot inspuiting vir die dorp se besighede. Of wil hy sien dat besighede toe maak en mense sonder kos sit .Wat het geword van die word vergewe ?

Vos ·

Ek stem 100% saam met jou. Ek stem ook saam met “Huh”. Al my kommentaar m.b.t. die rassis van ‘n munisipale amptenaar is ook verwyder. As dit is hoe ons debatteer, hoe ons weereens gesensor word, wat is die punt?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.