Ouers wag op wonderwerk ná bussie seun tref

Hercules Homan (10) in die hospitaal. Foto: verskaf.

Hercules Homan (10) in die hospitaal. Foto: verskaf.

Lees ook: Bussie-ongeluk: Ouers waak by seun se bed, wag op nuus

“Ons glo steeds ‘n wonderwerk gaan gebeur”. Só sê Hercules Homan sr. nadat sy tienjarige seun voorverlede week deur ʼn minibus getref en Vrydag breindood verklaar is.

Die voorval het voorverlede Vrydag in Hendrina in Mpumalanga, waar die gesin woon, plaasgevind.

“Ons sou vanoggend die masjiene wat hom aan die lewe hou afgeskakel het, maar toe die dokter hom van die asemhalingmasjien afhaal, het hy self asemgehaal,” het Homan Maandag vanuit die Garden City-hospitaal in Johannesburg, waar Hercules jr. in die waakeenheid is, aan Maroela Media gesê.

Hercules jr. is die gesin se laatlammetjie. Hy en sy sewejarige neef, Justin Black, was voorverlede Vrydag saam met die gesin se tuinier, slegs bekend as March, op pad na ʼn kafee in die klein dorpie om lekkergoed te gaan koop toe ‘n minibus, wat aan ʼn spysenieringsmaatskappy behoort, hom getref het.

“Die ongeluk het by ʼn skerp hoek oorkant ons huis plaasgevind. March het oor die pad gestap en gehoor daar kom ʼn voertuig. Hy het vir die twee seuns gesê om op die sypaadjie te wag.”

Hercules jnr. het glo gebuk om een van sy skoenveters vas te bind toe die minibus om die skerp draai gekom het en hom teen sy kop op die sypaadjie getref het.

“Die vrou wat die minibus gery het, het nie onmiddellik stilgehou nadat sy my kind getref het nie. Omstanders het gesê sy het vinnig om die draai gejaag en te naby aan die sypaadjie gery. Sy beweer egter sy weet nie wat gebeur het nie,” het hy gesê.

Hercules sr. sê daar is ʼn padteken voor die draai wat motoriste waarsku om teen 40km/h om die draai te gaan, maar dat baie motoriste dit verontagsaam.

Black het dadelik teruggehardloop huis toe en hulp ontbied. ’n Motoris en March het intussen met Hercules na die naaste dokter gejaag. Hy het ernstige hoofbeserings opgedoen en is later na Garden City-hospitaal oorgeplaas en word sedertdien in die waakeenheid behandel.

“Sy toestand het Woensdag baie verswak en dokters het hom Vrydag breindood verklaar. Ons sou vanoggend sy masjiene afsit, maar omdat hy self kon asemhaal het sy dokter gesê dat hulle nuwe toetse gaan doen om sy breinaktiwiteit te toets. Ons vra almal se gebede en is vol hoop dat die Here sal sorg dat hy wakker word. Ons behoort Dinsdag die uitslae van sy toetse te kry.”

Die polisie ondersoek die ongeluk. Die bestuurder is nie in hegtenis geneem nie. Hercules sr. en sy vrou, Marlene, oorweeg regstappe teen die bestuurder. Hercules het drie susters, Jackie Black (27), Marlize van Zyl (24) en Louise Homan (21). Hy is ‘n leerling aan Laerskool Marietjie Van Niekerk in Bethal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Trippie ·

Aan die ouers en susters – ek dra julle op aan ons Hemelse Vader, asook jul lammetjie en klein boetie.

Belinda ·

Ek bid dat die kind asseblief volkome sal herstel en geen letsels sal oorhou nie asseblief in Jesus se Naam Alleen………………..

Elizabeth ·

En ons SAL vir hom bid liewe ouers… My gedagtes en gebede is met julle en ek hoop dinge werk goed en reg uit. Sterkte.

Johann ·

Dankie Vader dat U klein Hercules, U kroonjuweel styf vashou en nooit sal los nie. Wat gebeur sal gebeur. Dit is net U wil.

Ek neurie die Sondagskool liedjie van veertig jaar plus gelede ewe skielik.

“Saggies en teer is die roepstem van Jesus. Hy roep vir my en vir jou…”

Laat daar asseblief net berusting en innerlike vrede wees vir Hercules se ouers en sy drie sussies.
Mag genesing plaasvind.
Julle is in ons gebede.

Amen.

Trippie ·

Hallo Johann – jy bring soveel heimweë nou met die kinderliedjie … een van die eerstes wat ek geleer het.

Nogmaals ‘n pragtige boodskap !

Laat U wil geskied.

Johann ·

Hallo Trippie.

Ja, en so ‘n verlange na ons kinderdae. Sorgsaam, lag en die gelukkigheid. Die wete dat ons versorg word.

Ek wil jou ‘n geseënde, vredevolle en rustige nagrus toewens. Wees verseker dat Hy jou, sy lieflingskind, saggies gaan neerlê in groen wyvelde na waters waar rus is gaan hy jou drome heen lei.

Ons ander kroonjuwele gaan saam met jou dit meemaak.

Geniet dit.

Trippie ·

Johann, ek wil net dit met jou deel … hierdie spesifieke versie wat jy aanhaal, “na waters waar rus is” – dit het ek op my oorlede moeder se grafsteen laat graveer.

Tussen jou en Elizabeth het julle my nou regtig in trane – trane van vergange se dae, kommervry, sorgeloos.

Baie dankie vir die mooiste, mooiste woorde. Ek is tans verblind van trane.

Geseende nagrus aan elkeen van julle.

ELIZABETH : Matt. 19:13 – ek was in Potgietersrus Laerskool koshuis – dit was my gunsteling uit die Woord om voor te lees in Stiltetyd.

Elizabeth ·

@Johann : en ek wil byvoeg “Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie…” Hoop dat dinge sal gebeur soos dit moet en dat die familie sterk sal sterk staan in die geloof wat ookal mag gebeur. Weereens sterkte vir almal…

Johann ·

Amen.

Op jou repliek Elizabeth. Dit is so ‘n mooi vers wat jy aanhaal.

Kindertjies is maar net ons Vader se hart.

PURE BOER ·

… en mag U seun n voorspoedige herstelling ervaar en U NAAM verkondig vorentoe. Amen en Amen

Annemarie ·

Hemelse Vader net U kan hierdie wonderwerk laat gebeur. Pappa Vader wees U die groot Geneesheer en laat U wil geskied in Jesus Naam. Gee kalmte in die ouers se gemoedere. Ons bid v julle al ken ons julle nie. Sterkte

Marieta ·

Moenie moed opgee nie! Hou aan met bid, pleit en glo by die Vader. My seun is bykans 5 jaar gelede ook breindood verklaar, nadat hy 42 dae in koma was met ernstige breinbeserings en nek en rug wat op 7 plekke (onder andere die c2 werwel wat die klein brein omhul) gebreek is. Sy long is ook in die 42 dae verwyder. Op die 39 ste dag is sy masjiene ook afgeskakel, maar hy het aanhou asemhaal en op dag 42 uit die koma gekom. Daarna het die lang pad na herstel voorgele, maar vandag loop en praat hy en is bykans sy ou normale self. Dit alles te danke aan ons God en die krag van gebed en liefde. Ek bid vir julle. Hou net vas aan God se hand.

Helene Heyns ·

Ek het klein Hercules so pas aan ons groot Geneesheer, Jesus, se voete neergele in gebed en hom aan Sy sorg opgedra. Sterkte aan sy gesin

marietjie horn ·

Ek dra julle op aan ons Hemelse Pappa! Wt vir ons as mense onmoontlik lyk, is by God moontlik!

Riaan Conradie ·

In Exodus 15:26 God the Father confirms that He is the God that heals and in Isaiah 53:5 we read that by the stripes of Jesus Christ we ARE healed. This is the God I serve! He is the One who operates in the super natural realm. Come on people of God, be of good cheer because…GOOD THINGS ARE COMING DOWN THE ROAD.
I take God the Father on His Word. He sent Jesus Christ to this earth and to die, not only to reconcile us back to Him but also that we can be healed by His stripes. We must act upon God’s Word, furthermore, we must SPEAK it!
Therefore, in the Name of Jesus Christ, I speak LIFE over this young boy! Be healed! Be normal with nothing of this event left in your life. Be risen to the GLORY of GOD the FATHER.
All negative thoughts I rebuke in the precious Name of Jesus Christ. The Bible teaches us that without faith it is impossible to please Him (Hebrews 11:6). He wants to do the work and He requires from us is to have faith.
I do know that in these times, circumstances wants to show us something in the opposite of what we believe, but we need to stand strong on His promises as it is ours to grab unto! Pray without seizing and give thanks to the LORD our God for doing the work. That is all we need to do …..giving thanks to the great I AM!

Lets pray: “Father we thank you for your WORD, Lord we thank you for your promises which came by the death and resurrection of you Son Jesus Christ. We stand on your promise of healing today LORD! We call those thing that be not, just as though they were. We proclaim healing over this young boy in Jesus Name and we claim him back from his circumstances. LORD, we walk by what we believe and not by what we see. You are God and You have sent your Son in order form this boy to be healed. Jesus did not go into the tomb of Lazarus and we also do not need to be in that hospital room to call this boy to his feet. In Jesus Name, rise and be whole, completely whole”

Baruch atah Adonai Eloheinu melach haolam (Blessed be the LORD our God, King of the Universe)

Anoniem ·

Laat alles in die bekwame hande van Jesus. Herstel asb. en maak die stukkende lyfie heel in U wonderlike en lieflike Naam. Amen.

Riaan Conradie ·

Die Woord van God leer ons dat die duiwel het gekom om te slag en te steel en te verwoes! Hierdie is sy werk en ons staan vandag op die belofte van God die Vader en dit is dat deur die wonde van Jesus Christus het daar vir ons genesig gekom. Kom vriende, laat ons lewe spreeek oor hierdie king. Soos Jesus nie in die graf van Lazarus gegaan het nie, hoef ons ook nie in daardie hospital kamer te staan nie. Van waar ons is roep ons hierdie kind om op te staan. Ek bind vandag die werk van Satan in die Naam van Jesus Christus. Hercules sal opstaan tot eer en verheerliking van ons God.
Kom ons staan saam en spreek lewe oor hierdie kind. Plaas nou jou hand op jou rekenaar skerm en bid saam met my.
“Vader, U Seun het gekom en gesterf vir ons en U bevestig in U Woord dat deur die wonde van Jesus het daar vir ons genesing gekom (Jesaja 53:5). Ons gryp U beloftes aan vandag in Jesus Naam en spreek lewe oor hierdie kind. Ons dank U Vader dat hy SAL opstaan tot eer en verheerliking van U wonderlike Naam. Laat U Naam hierdeur verheerlik word.
Barach Atah Adonai Eloheinu malech Ha’ Olam. (Geseend is die Here ons God, die Koning van die heelal.) AMEN en laat dit so wees!”
Rus in die Here vriende en kyk wat se magtige werk die Vader in hierdie kind se lewe doen!

Cyrella ·

Dink aan daai ouers hy sal genees God se genade en wonderwerke is groot

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.