Pa eien seun aan litteken op sy gesig

Cuburne van Wyk.

Cuburne van Wyk.

‘n Litteken op Cuburne Lavone van Wyk (3) se gesig was al wat nodig was vir sy pa om sy liggaam uit te ken.

Cuburne se liggaam is Saterdag op ʼn mynhoop in Reigerpark in Boksburg aan die Oos-Rand gevind.

“Sy pa het vandag die liggaam gaan uitken en hy het die litteken gesien aan die kant van sy gesig wat nie gebrand het nie,” het Cuburne se ma, Liezel van Wyk, aan Sapa gesê.

Sy het vertel van die pyn wat sy moes verduur sedert Cuburne op 6 Augustus vermis geraak het en sy liggaam Saterdag gevind is.

Van Wyk sê sy het Saterdag ‘n oproep van die polisie gekry waarna hulle haar kom haal het en na die mynhoop geneem het waar die gedeeltelik verbrande liggaam van ‘n kind gevind is.

“Ek is meegedeel dat ‘n liggaam gevind is maar ek kon nie uit die motor klim nie. Die liggaam is gebrand maar ons het geweet dit is hy weens die klere wat hy aangehad het toe hy verdwyn het.”

Die polisie het DNS-toetse aangevra om die kind se identiteit vas te stel, maar die pa het Maandag bevestig dit is sy seun.

Kol. Noxolo Kweza, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, het Maandag gesê dat die seun weens veelvoudige hoofbeserings en brandwonde gesterf het.

Cuburne was sedert Woensdag vermis nadat hy glo buite sy ouerhuis in die Ramaphosa-informele nedersetting ontvoer is.

Cuburne het ʼn blou sweetpakbroek met geel strepe op aangehad.

Kweza sê die polisie soek steeds na Katleho Phoku (25), ook bekend as “Chicken”, aangesien hy hulle moontlik in die ondersoek kan bystaan.

Lees ook:
Verbrande kinderlyk uitgeken
Kind se verbrande lyk in Reigerpark gevind
Man gesoek oor Reigerpark-ontvoering
Reigerpark-seun glo ontvoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tersia Mathews ·

Dit is hartverskeurend hoeveel kinders aan die hand van mense wat hulle ken en lief het, die aaklikste dinge oorkom.
Dit is so onwerklik dat mense dit aan hulle kinders of aan enige kind kan doen. Die enigste verduideliking wat mens aan kan dink is dat mense duiwels besete is. Die drank en allerhande gemors wat mense gebruik is die gereedskap wat die “evil” in die mens, wat die dinge doen, uitbring. Dit is al wat dit kan verduidelik, want dit is onnatuurlik. Kyk maar na diere, hulle beskerm hulle kinders met hulle lewe. Wat het mens gebeur? Ons mense kan skree en raas, maar more is daar nog een en nog een en nog een! Dit is mense wat skree en mense wat dit doen. Mag die arme bloedjies wat so ly en selfs net mishandel, verkrag en honger ly, die wat elke dag moet swaar kry, erens, ‘n redder sal kry. Mag God ingryp in hierdie verskriklike wereld.

Nina ·

My innige simpatie aan hierdie klein seuntjie se ouers en familie. Mens het nie meer woorde vir die ‘evil’ in hierdie land nie.

Belinda ·

So jonk en so onskuldig RIP jy sal gemis word………………. :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.