Plaasmoord: Bejaarde naby Ermelo vermoor

crime sceneʼn 77-jarige boer van die plaas De Emigratie, sowat 40km buite Ermelo in Mpumalanga, is Maandagoggend dood in sy plaashuis aangetref.

Kapt. Carla Prinsloo, ʼn woordvoerder van die Ermelo polisie, het aan Maroela Media gesê die ondersoek is nog in ʼn sensitiewe stadium en inligting is skaars.

“Ons kan in die stadium bevestig dat die man se liggaam deur ʼn kennis op die vloer aangetref is,” het Prinsloo gesê. “Dit is nog nie bekend wat die oorsaak van die man se dood is nie en of daar enigiets uit die huis gesteel is nie.”

Sy het gesê die aanvaller het deur die skuifdeur toegang tot die perseel bekom.

“Die boer se plaaswerkers het die kennis ontbied nadat hul onraad vermoed het toe die man nie vanoggend uit die huis gekom het nie,” het sy bygevoeg.

Volgens Prinsloo ondersoek die polisie ʼn saak van moord. Die oorlede se naam mag nog nie bekend gemaak word nie.

Sien ook:
Vermoorde Ermelo-boer se naam bekend; twee ondervra

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ria Maritz ·

Weer ‘n boer, weer ‘n bejaarde ?!?!?!

Maar ek moet stilbly, op my tande kners !

Dis nou te sê as daar slegs 1 aanvaller (moordenaar) was. Gewoonlik sak hulle soos ‘n trop hiëna’s op die bejaardes toe.

E Lordan ·

Dis afgryslik! Ons Moet onthou wie in beheer is Dinge soos die Sal net tot n punt gaan Dan Sal ons liewe Heer intree!!!

Ria Maritz ·

Ek lees vanoggend die berig waar ‘n “man” sy eks vol petrol gegooi het en aan die brand gesteek het. Die liggaamlike- en sielkundige letsels is daar vir ‘n leeftyd.

Om te dink, sulke afknouers, vroueslaners, kinderslaners loop tussen ons rond – op vrye voet, net soos die moordenaars deesdae. Meer buite die tronk as binne die tronk.

Bea ·

Ek wonder so in my stilligheid waar die statistiek al styg aangaande plaasmoorde vir 2014…ek is te bang om te vra, want die jaar is nog nie eens in die helfte nie en kyk hoe lyk dit….my hart bloei vir die slagoffers en hul naasbestaandes.

Johan Spies ·

Hoeveel, hoeveel, hoeveel boere en ons mense wat kos maak vir die land moet nog vermoor word voor iemand van die kwak regering waaraan ons oorgelewer is luister??????? Innige simpatie met die familie, dis eintlik so ‘n swak stelling om te maak omdat dit so onnodig was……..?????

Neels ·

Dit was my skoonpa…..
Wat moet ek vir sy kleinkind se?
Hoeveel nog?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.