Plaasmoord: Bejaarde op plaas in Lephalale vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Koos Jonker (79), ʼn bejaarde man van Limpopo wat blyplek by ʼn gesin op ʼn plaas buite Lephalale (Ellisras) gehuur het, se liggaam is Maandagoggend opgespoor.

Kol. Ronel Otto, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie vermoed vyf mans het Sondagaand by die plaashuis ingebreek. Jonker het ʼn klein woonstel langs ʼn stoorkamer gehuur en is in sy huis vermoor.

“Die verdagtes het vermoedelik ʼn venster oopgebreek en só toegang tot die hoofhuis bekom,” het Otto gesê. “Die gesin het eers die volgende oggend ontdek dat daar by hulle ingebreek is. Die eienaar van die plaas is na Jonker se kamer en het daar op sy bebloede liggaam afgekom.”

Jonker se voete en hande was vasgebind. Hy het ook kopbeserings opgedoen. Volgens Otto is hy vermoedelik aangerand of met ʼn skerp voorwerp gesteek. Die polisie sal ʼn nadoodse ondersoek doen om te bepaal wat tot sy dood gelei het.

Die inbrekers het ʼn skootrekenaar, kamera, selfone en ander waardevolle items uit die hoofhuis gesteel. Dit is nog nie bekend of enigiets van Jonker vermis word nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisbraak. ʼn Soektog na die verdagtes is van stapel gestuur.

Jonker se dogter is reeds van sy dood ingelig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Barbare en lafaards. Die kans dat hulle gevang gaan word is baie skraal

Gerhard Bezuidenhout ·

Barbare en lafaards. Die kans dat hulle gevang gaan word is baie skraal. .Sterkte aan die oom se familie

Ruan ·

Baie goeie vriende van ons by wie se plaas hulle ingebreek het, sterkte ongelukkig gaan ek nie name noem nie. En dit is nie van wakker skrik nie die voel vor my dodgey huko die ou oom gaan dood maak en dan in die hoof huis inbreek….

psfritz ·

Op die grens het ons gepraat van die kaplyn. Die kaplyn is nou hier tussen ons.

Johan ·

Mmm, hierdie gee nou ‘n ander perspektief. Die sg rede vir hierdie plaasaanvalle is mos kwansuis altyd “roof”. Maar as die ou oom buite die hoofhuis gewoon het, is daar mos nou geen rede om hom te vermoor as hulle eintlik net wou inbreek nie. Hulle kon hom hoogstens oorval en vasgebind/gemuilband het sodat hy nie alarm kan maak nie.

tiekie ·

Dis so onnodig. Wanneer gaan hierdie sinnelose slagtings einde kry? Wanneer gaan ons n polisie diens weer kry wat omgee vir alle mense.

kt ·

Jammer om jou wereld te skud, maar die antwoord op jou vraag is: TIEN TEEN EEN NIE IN JOU LEEFTYD NIE EN DIE KANS IS BAIE GOED VIR…… NOOIT WEER NIE!!!!!
Ontleed maar alle groot probleme in ons land krities: korrupsie, bedrog, haatspraak, polisie geweld, plaasmoorde, ens, ens, ens. NIKS HET VAN DIE ROETE NA DIE VERDERF OMGEDRAAI NIE!!! Hier en daar n spoedwalletjie of so effense draaitjie (sprankie van goeie nuus of hoop, wat elke Afrikaanse tv kanaal en -radiostasie dan tot vervelens in jou keelgat afdruk)
Vergelyk ons situasie met ander lande wat soortgelyke rasseverdeeltheid het, met n magsverskuiwing= Ons is in diep moeilikheid!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.