Polisie kla by Okosa oor DA-advertensie

'n Skermskoot uit die advertensie

‘n Skermskoot uit die advertensie

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ʼn klag by die Onafhanklike Uitsaai-owerheid (Okosa) aanhangig gemaak oor die DA se verkiesingsadvertensie.

“Die Onafhanklike Uitsaai-owerheid van Suid-Afrika lig die media en alle rolspelers in dat die klagte- en nakomingskomitee ʼn klag ontvang het van die SAPD rakende die DA se advertensie wat tans deur die SAUK uitgesaai word,” het Paseka Maleka, woordvoerder van Okosa, in ʼn verklaring gesê. Hy sê die klagte is op ʼn dringende basis by die komitee aanhangig gemaak. “Na konsultasies met al die relevante partye (SAPD, DA en SAUK) het die komitee besluit om ʼn openbare verhoor te hou om die saak te bespoedig.” Die verhoor sal Donderdag by Okosa se hoofkantoor in Sandton plaasvind.

Dit kom nadat die SAUK vroeër geweier het om die DA se “Ayisafani”-advertensie uit te saai. Die DA het Okosa genader en die saak is na Okosa se klagte- en nakomingskomitee verwys. Die saak is egter onbepaald uitgestel nadat die SAUK ʼn nuwe regspan aangestel het. Die SAUK het ingestem om die DA se advertensie uit te saai terwyl sy nuwe regspan oorweeg of die saak moet voortgaan.

Die advertensie bevat onder meer ʼn toneel waar polisiebeamptes vuurwapens op lede van die publiek rig. Die SAUK het aangevoer dat die advertensie geweld aanhits.

Klik hier om die advertensie te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Christien Kruger ·

Dit is snaaks hoe. SAPD sondebokke klagtes le teen juis die wat hierdie tipe geweld en brutaliteit wil hokslaan.
Ook is dit deur die ANC gedryf vir verkiesingsteun aangesien die polisie gebeure plaasvind tydens ANC besoeke aan gebiede waar inwoners hulle uitjou weens swak dienslewering.
Mens sou eerder dink dat polisie hul aan die burgers se kant sou skaar maar onskuldiges word deur polisie gedreig en geskiet om ANC te laat geld.
Die DA se advertensie beeld ware feite uit en kiesers kan self besluit.

Chris ·

Alles word ingeskakel om die opposisie stil te maak. Dit lyk amper soos Zim.

DEBBIE JANSE VAN VUUREN ·

Help my verloofde is deur lt kol Brink van De Aar, ontslaan uit die SAPD na 28 jaar en hy is nie werd om ‘n sanksie te kon lewer nie. Hy is nie bevoeg om hierdie taak te doen nie. Hy het meer positiewe dinge gese as wat hy negatief was. Volgens hom het Kapt Steenkamp al vir al die jare ‘n skoon rekord, en nie een van die Snr Offisiere van Kby, wat die onbevoegte Brink genader het om teen Kapt Steenkamp te getuig, belang gestel om teen hom te getuig nie. Ek wil graag ‘n bedrogsaak teen lt Kol Brink (die rank wat hy nie eens werd is nie) maak, aangesien dit ‘n heksejag is teen Kapt Steenkamp.
Brink is in besit van ‘n getekende verklaring van ‘n senior offisier, maar ontken hy dat dit geteken is.

Sulke onervarte polisie-beamptes het ons nie nodig nie. net omdat dit weereens ‘n rassejag is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.