Polisiebeampte, hofordonnans in Pta-hof geskiet

Foto: @GrootFM op Twitter.

Foto: @GrootFM op Twitter.

‘n Polisiebeampte en ‘n hofordonnans is Dinsdagoggend in die Pretoriase landdroshof geskiet.

“Twee verdagtes wat in die hof moes verskyn het uit die aanhoudingselle die hof met vuurwapens binnegekom en losgebrand,” het lt.kol. Khensani Magoai, woordvoerder van die polisie, gesê.

Magoai sê die polisiebeampte was in die hof om te getuig. Die twee verdagtes moes op aanklagte van huisroof en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen in die hof verskyn.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het vroeër gesê die polisiebeampte is in die kop geskiet en dat hy in ‘n kritieke toestand na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.

Die verdagtes het gevlug en ‘n Ford Ikon buite die hof gekaap. Die verdagtes het die motor in Atteridgeville, wes van Pretoria, langs die pad gelos en ‘n rooi VW Polo gekaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

frik ·

Wanneer wil die polisie die erns van hulle werk nou eendag begin opskerp.Da is ongelukkag nie n anderwoord as agterlosigheid van die polisie beampte se kant af nie.Met andrw Slapgat.

Theresa ·

Die SAPD moet begin paraat raak en ophou om alles net doodgewoon te aanvaar. Duidelik het hulle nie hulle werk gedoen nie want hoe de hel kry daardie mense vuurwapens daar. Nou is almal weer up-in-arms en dit help sweet blow all!! Die SAPD-lede is te dik vir hulle uniforms. Net so die metropolisie. Goeie genade ek het al vrouens in broeke gesit. Hulle kry amper nie geloop nie. Lê by padblokades op hulle karre want dis helse moeite om regop te staan. Partykeer word die Cokes en kos nog op die kar ook uitgepak en vreetsaam verkeer. Dis lagwekkend. As sulke dinge nou weer die voorland van alles is – hoop ek die regte mense word raakgeskiet en nie die onskuldiges nie. Want niemand wil hoor nie en niemand doen hulle werk nie. Dis hoe dit gaan in hierdie land.

Theresa ·

Duidelik het die mense nie hulle werk gedoen nie. Kry dan nou maar vir julle en dra die gevolge. Dis net jammer dat die die onskuldiges altyd moet betaal vir die stupidgeit van ander.

nico ·

In hierdie geval was die polisie beampte onskuldig. Hy moes net gaan getuig. Hy was nie verantwoordelik vir die gevangenes nie. Dis iemand wat vir hulle die gewere ingesmokkel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.